Reis

Stort in ’n kits

Die Quick-en-Suit bout teen jou bakkie se kappie of 'n woonwa se sypaneel vas - die opslaan kan nie makliker wees nie. Die storthokkie se materiaalkante is van poliëster en is opgerol in 'n aluminiumboks (of 'n materiaalsak, afhangend van jou keuse). Met die hokkie afgerol vou 'n aluminiumraam uit die boks en vorm die raamwerk waaraan die hokkie hang.

Die boonste deel hang met smal bandjies aan die raam wat kan verstel indien 'n mens die hoogte van die hokkie wil verander. Die onderkante kan ook met penne vasslaan as die suidooster opsteek. Ná net 8 sekondes is die hokkie gereed.

Die hokkie hoef nie noodwendig as 'n stortplek gebruik te word nie; jy kan dit ook as 'n aantrekhokkie gebruik óf die kassettoilet daarin sit.

Prys R4 047 (materiaalsak) en R5 073 (aluminiumboks)

Kontak 012 770 3633; gt.camperoffice@gmail.com; gtoffroadtrailers.co.za

Lees nog nuusbrokkies uit ons Januarie-uitgawe hier.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM