Thorn Tree Bush Camp is 'n vierster-karavaanpark en -kampterrein wat in 2016 gestig is en in familiebesit is. Dis jou toevlugsoord in die hartjie van die Dinokeng-wildreservaat, net 45 minute se ry vanaf Pretoria.
Kom geniet 'n egte boservaring in een van ons seil-safaritente, -hutte of kampeerplekke. Dis geleë aan die oostekant van die Dinokeng-wildreservaat, weg van die ligte en geraas.

Laat die strelende geluide van die bos jou aan die slaap sus, en die intieme atmosfeer jou batterye herlaai.
Kontak 082 494 0491; info@thorntreebushcamp.co.za; https://thorntreebushcamp.co.za/thorntreebushcamp.co.za













