Reis

Uit die bloute

(Jac Kritzinger)

Resepte en stilering Julia van Maarseveen

Jy benodig

(genoeg vir 6)

• 2 eetlepels botter

• 2 uie, in dik skywe gesny

• 12 snytjies bruin- of rogbrood

• 100 g bloukaas, in dun skywe gesny

• 125 g brie, in dun skywe gesny

• 1 koppie okkerneute, liggies gerooster en grofgekap

• 'n hand vol babaspinasie

Só maak jy

1. Smelt die botter in 'n kastrol en braai die ui vir 10-15 minute oor matige hitte tot dit begin karameliseer.

2. Maak 6 toebroodjies met die volgende daarop: bloukaas, brie, gekaremaliseerde uie, okkerneute en spinasieblare.

3. Braai die broodjies oor matige kole tot hulle goudbruin is (omtrent 5 minute aan elke kant) of braai hulle oor matige hitte in 'n pan.

WegSleep sê: Vir die kinders (en grootmense) wat nie van 'n skerp kaas hou nie, kan jy cheddar of soetmelk opsit.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM