Reis

VIDEO: Hoop ná droogte

(Heinrich Stofberg)

Kikker jou Maandag op met dié mooi video. Heinrich Stofberg se video wys hoe die Matlabasrivier ná 'n lang droogte weer lewe kry. Die aarde begin krioel in afwagting... 'n stroompie biggel oor die droë sand. En dan die verligting van vars water wat begin vloei en vloei en die natuur se dors les.

Heinrich Stofberg, 'n videograaf en fotograaf vertel:

"Ek is 'n fotograaf en videograaf wat besig is met 'n projek op Martin Schoeman, 'n wildsboer van Sangoma Safari's, se plaas 80 km buite Thabazimbi. Volgens Martin het die rivier meer as 'n jaar laas water gehad.

Verlede week het ons die nuus gekry dat die rivier besig is om af te kom. Ons het rivierlangs gery met die hoop dat ons die water se "beginpunt" kan kry.

Ons het op die grens van die plaas water gekry. Die boere van die aangrensende plaas het ook uitgekom en sommer kaalvoet in die water geloop. Die boere het baie swaar gekry die winter - dit is beslis vir hulle 'n teken van hoop. Ek het besef hierdie geleentheid gebeur net een keer in 'n leeftyd. Dit was 'n ongelooflike gevoel om te sien hoe die vars water oor die droë sand loop.

Deel jou foto's en stories met ons! Stuur 'n e-pos na digitaal@weg.co.za.

Annemie Lombard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM