Die Constitution Hill-kompleks in Braamfontein is 'n mikrokosmos van die land se geskiedenis en in talle opsigte 'n baken van hoop vir ons toekoms.

DEUR NA DEMOKRASIE. Die indrukwekkende 9 m hoë deur van die Konstitusionele Hof is 'n kunswerk in eie reg, en beeld die 27 regte van ons Grondwet uit.
Die Konstitusionele Hof is só ontwerp dat jy slegs die skoene kan sien van mense wat buite verby stap - wat die gelykheid van alle mense beklemtoon. En dié nederige ruimte se rooi bakstene kom van die destydse tronke waarin politieke figure soos Nelson Mandela en Mahatma Gandhi aangehou is.
Ander historiese geboue in die kompleks sluit in die Ou Fort (gebou in 1892) waar Boerekrygers tydens die Tweede Anglo-Boere-oorlog aangehou is nadat die Engelse die stad ingeval het. En in die Vrouetronk is politieke figure soos Winnie Mandela en Albertina Sisulu aangehou.
Moeg gestap? Drink 'n koeldrank of bestel 'n toebroodjie by een van die eetplekke op die perseel.
Vir meer inligting, bel 011 381 3100 of gaan na www.constitutionhill.org.za











