Reis

Vind vrede op Oudtshoorn

Die Swartberg-sirkelroete
Die Swartberg-sirkelroete

Hier's 'n paar puik blyplekke en draaie wat jy kan gooi - Oudtshoorn is dalk die land se volstruishoofstad, maar moenie dink dis al wat in dié omgewing aangaan nie!

THE FEATHERBED

Welkom op ons pragtige klein dorpie propvol eg Suid-Afrikaanse sjarme, flair en herinneringe aan die weelderige dae van weleer - die ideale plek vir 'n wegbreek van die alledaagse stadslewe.

The Featherbed
The Featherbed

Oudtshoorn bied rustigheid en skilderagtige plekke om te besoek en allerhande attraksies in die omgewing - ons is geseënd met onvergelykbare kontraste en natuurlike skoonheid.

Ons is gerieflik geleë op die hoofweg en al die inwoners kan daarvan getuig dat dit 'n byderwetse en gewilde dorp is, waar maklike toegang na en van die middedorp deel vorm van die hart en siel van Oudtshoorn.

The Featherbed
The Featherbed

Die omgewing spog met 'n paar deftige restaurante, 'n volstruisboetiek en interessante uitstappies wat sorg vir 'n kultuurryke avontuur.Tel: 066 302 0928

E-pos: info@thefeatherbed.co.za

www.thefeatherbed.co.za

Wilgewandel-vakansieplaas

'n Absolute paradys vir gesinne met kinders, geleë op die pragtige Kangogrotte-pad naby die skilderagtige Swartbergberge.

Ons bied tradisionele tuisgemaakte etes by ons restaurant en eindelose aktiwiteite om van te kies, soos kameelritte, donkiekarritte, 'n glybaan (zipline), trapkarre en roeibote. (In die somer het ons ook 'n waterwurm.)

Wilgewandel-vakansieplaas
Wilgewandel-vakansieplaas (Anke Photography)

Hier is ook 'n klein dieretuin waar die kinders hul gunsteling-plaasdiere kan voer en van nader kan leer ken. Ons is daagliks van 08:00 tot 17:00 oop vir dagbesoekers.

Daar is ook verblyf op die perseel met dubbel- en gesinskamers waar jy kan kies tussen selfsorg en bed-en-ontbyt. Ons is trots op die gesonde plaasatmosfeer wat ons hier geskep het waar jy kan ontspan en die vars lug geniet.

Wilgewandel-vakansieplaas
Wilgewandel-vakansieplaas (rudyvanheerden)

Kontak ons gerus by 079 2068 746

Epos: info@wilgewandel.co.za | www.wilgewandel.co.za

SWARTBERG-SIRKELROETE

Die Swartberg-sirkelroete is 'n skilderagtige en interessante rit. Ry van Oudtshoorn of Calitzdorp na De Rust, Klaarstroom en Prins Albert, oor die Swartbergpas en deur Meiringspoort. Jy kan by een van vier dorpe wegtrek en dan kloksgewys óf antikloksgewys ry.

Die Swartberg-sirkelroete
Die Swartberg-sirkelroete

Die skilderagtige agterpaaie sluit Oudemuragie, Vergelegen, Lategansvlei, Groenfontein, Kruisrivier en Langverwaght in.

Die roete bied jou 'n avontuur, 'n wye verskeidenheid kulinêre genot, 'n tikkie kultuur en sal jou sommer weer goed laat voel oor die lewe.

www.swartbergcircleroute.co.za

Die Swartberg-sirkelroete
Die Swartberg-sirkelroete

http://www.swartbergcircleroute.co.za

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM