Is jy een van die honderde mense wat ons dienaweek op Meerendal by die Weg-Stapfees verwag? Ons beantwoord hier jou laastevrae. Weg-Stapfees word aangebied deur Stanley, in samewerking met Salomon enSolal, en bygestaan deur Trail Food en Cape Nature.
Kan ek nog inskryf?
Die aanlyn inskrywings is nou gesluit, maar asjy nog by die agterdeur wil inglip, daag vroeg op en meld aan by dieregistrasietent. Ons sal jou nog daar inskryf.
Moet ek vooraf my nommer gaan afhaal?
Ja. Jy kan dit afhaal op Donderdag 13Februarie van 12:00 tot 19:00 by die Salomon-winkel in Canal Walk (winkel 436A opdie boonste vlak), of Vrydag vanaf 12:00 tot 18:00 by Meerendal. Bring diee-pos saam (wat 'n verwysingsnommer bevat) wat jou inskrywing bevestig. Salomonbied jou 'n lekker 10% afslag as jy jou nommer in hul winkel kom haal.
Hoe laat begin ons nou weer?
Die wegspringtye is as volg
Vrydag (6 km): 18:00
Saterdag (25 km): 06:30
Saterdag (13 km): 07:30
Saterdag (6 km): 08:00
Sondag (10 km): 07:00
Wat moet ek saambring?
Beslis 'n hoed en waterbottel - dit gaan warmwees. Ons het watertafels langs die pad waar jy jou bottel kan hervul.
Kan ek met gewone tekkies kom?
Ons beveel aan dat jy skoene dra wat virgrond- en veldpaaie geskik is. Veral op die 25 km- en 13 km-roetes gaan jysteil op- en afdraandes hê.
Wat as ek flou val?
Ons het 'n ambulans gereed op die perseel watons in enige noodgevalle kan bystaan.
Is daar kos?
Daar is twee goeie restaurante op Meerendal,Bossa en La Romantica. La Romantica sal Saterdag vanaf vroeg regstaan metcroissants en koffie (R95 vir 'n koffie en kaas-croissant). Jy kan ook dieWegstap-burger-aanbod by hulle eet (R120 vir 'n burger en bier). Daar is verder'n toonbank waar jy agterna koeldrank en bier kan koop, sowel as wyn per glas.
Is daar genoeg parkering?
Oorgenoeg. Ons parkeer vanjaar op die terreinlangs Bossa en kan 'n tweede parkeerveld oopmaak as dit vol raak. Kom vroeg.
Kom groet die borge! Ons sien uit daarna omjou te ontmoet.
















