Reis

Wenke vir Angola

'n Mens pak nie sommer 'n hardebaard roete van twee weke deur Angola aan sonder 'n gemodifiseerde hardebaard voertuig nie, sê die WegRy-leser André van Tonder, wat dié land besoek het. Hulle voertuie was met die volgende uitgerus:

  • veldbande (Coopers, BF Goodrich en Kumho), twee noodwiele, bandhersteltoerusting;
  • dakrakke (geen daktente nie);
  • watertenks, jerrykanne;
  • omskakelaars (inverters);
  • herwinningstoerusting (stroppe van 35 m lank);
  • kompressors;
  • tweerigtingradio's; en
  • Garmap en Tracks4Africa op die GPS'e.

Een van die Land Cruisers was in 'n dubbelkajuit omgebou en die ander een was 'n bakkie.

Al vyf voertuie was met 'n werkverrigtings-mikroskyfie van Steve's Auto Clinic in Vanderbijlpark toegerus sowel as free flow-uitlaatpype, ook van Steve's. Dit het beter brandstofverbruik en meer krag tot gevolg gehad.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM