Reis

Wie is my mamma?

Hierdie internetvideo geplaas deur Kruger Sightings, wys hoe 'n wildebeeskalfie langs en agter 'n motor aanhardloop.

LD van Essen is 'n onafhanklike wild- en omgewingsspesialis by Nyengere Solutions. Hy verduidelik die kalfie se gedrag: "Hierdie verskynsel word inprenting - of in Engels imprinting - genoem. Dis 'n vorm van associative learning waar 'n baie jong dier 'n voorwerp of individu aansien vir sy ma wanneer hy van haar of die trop geskei word. Inprenting is 'n natuurlike proses waar 'n pasgebore of jong dier 'n gedragspatroon vestig geskoei op die erkenning en aantrekking tot ander diere van sy/haar eie soort sowel as spesifieke individue van die spesies, soos sy/haar ouers.

"Indien voëls wat kunsmatig uitgebroei word byvoorbeeld 'n mens eerste sien, sal die voëltjie die mens as ouer inprent.

"Daar was ook nie te lank gelede 'n geval van 'n renosterkalfie in die Krugerwildtuin wat 'n voertuig probeer aanneem het as sy ma nadat stropers sy ma geskiet het.

"Die bekendste vorm van inprenting is kinderlike inprenting (filial imprinting) kenmerkend van sekere voëlspesies waar die kuikens hulle nes amper onmiddellik verlaat sodra hulle uitgebroei het. Dié kuikens prent dan in op ander voël-ouers en volg hulle dan rond, soos byvoorbeeld eende."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM