Sterre

Jou sterre vir die week – 2 Desember 2021

Boogskutter

22 Nov - 20 Des
22 Nov - 20 Des

Boogskutter en familie

  • Jy is trots op die aandenkings wat jy op jou reise ­versamel het.
  • Jy soek die grootste en ruimste huis vir die gesin.
  • As ouer is jy snaaks, bemoedigend en eerlik.
  • As kind is jy gemoedelik en uitbundig.
  • As skoondogter/seun is jy die een wat die beste grappe vertel.
  • Die gesinshuis moet 'n mooi uitsig hê.
  • Die gesinshuis moet pakruimte en 'n kaggel hê.

Die nuwemaan val dié week in jou teken en is 'n aanduiding dat jy daarop moet fokus om 'n nuwe begin vir jouself te skep. Dit is veral 'n geskikte tyd vir 'n herverbeelding van die toekoms vir jou en jou gesin. Niks hoef dadelik te gebeur nie, maar jy is tans uiters verbeeldingryk en nuwe oplossings kan vir ou probleme opduik. Wat jy ook al wil doen, berus daarin dat jy sal doen wat die beste is.

GELUKKIGE NOMMERS 13, 21, 27, 35, 22, 20

Steenbok

21 Des- 20 Jan
21 Des- 20 Jan

Jy is nie gewoonlik in so 'n dromerige bui nie, maar pleks daarvan om jou te dwing om meer geanker te wees, laat jouself toe om op 'n wolkie weg te dryf. As jy meer tyd op jou eie deurbring, dink daaraan as tyd om jou batterye te herlaai, te rus en jouself te vind. Hierdie fase kan vir minstens nog twee weke duur, soos aangedui deur die nuwemaan op die 4de. 'n Dagboek of droomjoernaal word aan­beveel.

GELUKKIGE NOMMERS 4, 15, 48, 50, 26, 14

Waterdraer

21 Jan - 18 Feb
21 Jan - 18 Feb

Jy sal werklik alles vir jou vriende uithaal, en hierdie neiging word vandeesweek tot die uiterste beproef. Hoe edel dit ook al is, maak seker jy verander nie in 'n vloermat nie. Dit geld veral as daar geld in enige vorm betrokke is, aangesien jy dalk te veel empatie kan hê. As jy vermoed iemand skinder agter jou rug, sal dit net reg wees om met hulle daaroor te praat.

GELUKKIGE NOMMERS 1, 9, 41, 50, 24, 2

Visse

19 Feb - 20 Mrt
19 Feb - 20 Mrt

Hoewel daar 'n mate van verwarring in jou loopbaan heers, is die nuwemaan in hierdie deel van jou teken 'n aanduiding van 'n nuwe begin. Jou verbeelding is sterk, en jy moet uiters versigtig wees dat jy nie die feite herinterpreteer om jou te pas eerder as om die werklikheid raak te sien nie. Om­skep jou kreatiewe idees in 'n projek wat jou belangstelling in die beroep van jou keuse waardig sal wees.

GELUKKIGE NOMMERS 2, 21, 40, 47, 30, 6

Ram

21 Mrt - 19 Apr
21 Mrt - 19 Apr

Dis normaal om af en toe van die werklikheid te wil ontsnap. Gebruik dit vir gesonde ontsnapping, soos om te gaan stap, na jou gunstelingreeks te kyk of om jouself in 'n goeie boek te verdiep. Dis nie 'n goeie tyd om jou aan negatiewe ontvlugting oor te gee nie, want dit kan tot onaanvaarbare gedrag of slegte gewoontes lei. Dit is ook die ideale tyd om vrygewig op te tree, veral tuis.

GELUKKIGE NOMMERS 2, 9, 45, 50, 19, 4

Bul

20 Apr - 20 Mei
20 Apr - 20 Mei

'n Veeleisende vriend kan jou moeg maak, maar die vraag is: Waar gaan jy die streep trek? Jy is heel waarskynlik 'n lewensredder in hierdie mens se lewe, en hulle is afhanklik van jou emosionele ondersteuning. Maar as jy gevra word om ook finansiële ondersteuning te bied, deel dit met jou geliefde voor dit ook tot probleme tuis kan lei. Herinner jou daaraan dat dit ook sal verbygaan.

GELUKKIGE NOMMERS 5, 15, 35, 40, 27, 8

Tweeling

21 Mei - 20 Jun
21 Mei - 20 Jun

Of jy in 'n nuwe of bestaande verhouding is, jou fokus is vandeesweek heeltemal op die mens wat jy liefhet. Julle twee kan 'n nuwe of vars begin maak as julle doodeerlik met mekaar is. Daar is 'n moontlikheid dat jy tans verlief kan wees op die liefde self en die situasie deur 'n rooskleurige bril kan beskou. As dit die geval is, moet jy die werklikheid in die oë staar.

GELUKKIGE NOMMERS 6, 33, 46, 51, 35, 19

Kreef

21 Jun - 21 Jul
21 Jun - 21 Jul

Jy is van nature 'n vriendelike en simpatieke mens, die moederhen van die diereriem. As 'n kollega met wie jy 'n hegte band het dus 'n moeilike tyd beleef, wil jy natuurlik so ondersteunend moontlik wees. Hou net in gedagte dat jy jouself nie in die proses moet verloor nie, aangesien jy meer ingesuig kan word as wat jou bedoeling was. As ander kollegas jou vreemd aankyk, is dit tyd om te herbesin.

GELUKKIGE NOMMERS 1, 30, 47, 49, 40, 9

Leeu

22 Jul - 22 Aug
22 Jul - 22 Aug

Of jy dit nou erken of nie, jy het 'n groot hoeveelheid natuurlike kreatiewe talente wat sluimerend is. Jy moet vandeesweek probeer om daardie kreatiewe vonk in enige vorm aan te wakker. Die fokus val op kreatiewe skryfwerk, en jy kan die gewoonte aanleer om dagboek te hou vir 'n sekere tydperk op dieselfde tyd van die dag. Jy sal verbaas wees met hoe dit jou na onontdekte aspekte van jouself kan lei.

GELUKKIGE NOMMERS 13, 21, 34, 52, 22, 20

Maagd

23 Aug - 22 Sep
23 Aug - 22 Sep

Dis in jou aard om deeglik te wees, en enige soort vaagheid kan jou uiters ongemaklik maak. Laasgenoemde gaan waarskynlik dié week gebeur, en boonop in jou liefdeslewe. As hulle nie in staat lyk om uit te pluis wat hulle begeer nie, is daar min wat jy kan doen om 'n antwoord uit te dwing. Om te leer hoe om dinge hul gang te laat gaan, veral in tye van onsekerheid, gaan waar­skynlik vir 'n ruk jou les wees.

GELUKKIGE NOMMERS 9, 23, 37, 50, 26, 16

Weegskaal

23 Sep - 22 Okt
23 Sep - 22 Okt

Jy sukkel dalk tans met 'n gebrek aan konsentrasie omdat jou gedagtes in allerhande rigtings loop. Moenie te veel druk op jouself plaas nie, want dit kan jou op 'n kreatiewe pad stuur as jy positief daarmee omgaan. Maar daar kan ook iets by die werk wees wat van jou weggehou word; wees dus bedag daarop dat jy nie mislei word nie. Jy sal dit verpes om laaste daarvan uit te vind.

GELUKKIGE NOMMERS 2, 23, 29, 31, 24, 5

Skerpioen

23 Okt - 21 Nov
23 Okt - 21 Nov

Al is jy taai, is jy ook 'n uiters emosionele en betrokke mens. Iets of iemand trek dié week aan jou hartsnare, en jy kan nie anders as om jammer te voel vir die mens of situasie nie. Wees vrygewig met jouself, maar as dit geld behels, maak seker jy word nie 'n rat voor die oë gedraai nie. Vertrou jou instink, want jy is van nature 'n uiters intuïtiewe mens. Probeer om nie na gerugte te luister nie.

GELUKKIGE NOMMERS 1, 18, 29, 41, 20, 16

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM