JOU DAG
Jy kan vandag verwarring en min motivering verwag.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy verkies om jou doelwitte self na te jaag. Maar dis soms goed om, vir 'n verandering, ander mense te vra om jou te help!
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Jy sal teleurgestel word indien jy vandag logiese optrede van jou geliefdes verwag. Indien jy verwarrende seine van ander mense verwag, sal jy 'n chaoties interessante dag beleef.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Moenie aanneem dat jy weet wat 'n geliefde dink of hoe hy/sy voel nie. Jy slaan moontlik, onder die invloed van vandag se verwarrende mengelmoes uit die hemele, die bal geheel en al mis. Sê dus min en wag jou kans af.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Jy moenie verwag om vandag met slim antwoorde vorendag te kom nie. Hoe meer jy probeer om ander mense te beheer, hoe meer verwarrend sal dinge wees. Maak dus die las ligter met gereelde rusposes en 'n bietjie uiters nodige humor.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Die planete veroorsaak dat jy ietwat moedeloos voel oor 'n persoonlike, werk- of gesinsaangeleentheid. Moenie moed verloor nie! Jy sal môre aansienlik meer positief voel.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Indien jy vandag probeer om ander mense te forseer of beheer, kan dit tot verwarring lei. Tree dus terug en beoordeel die situasie nog 'n slag. Jy kan eerder probeer om jou magtige energie in te span om mense op meer subtiele en sensitiewe maniere te beïnvloed.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Jy mag moontlik skielik jou doelwitte bevraagteken en jou motiewe betreffende 'n gekoesterde verwagting, droom of versugting, wantrou. Dis OK. Daar sal moontlik 'n bietjie verwarring wees voordat jy uiteindelik jou planne regpluk.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Jy moet vandag versigtig wees ten opsigte van dit wat jy inneem, want jy is meer geneig tot voedselallergieë of medikasievermengings. Maak dus seker jy is slim, spaar jou energie en markeer jou pas, Visse.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Energie- en motiveringsvlakke sal, onder die invloed van die Son en Neptunus, laag wees. Jy sal waarskynlik ook verward raak oor 'n huidige kwessie, aangesien te veel opsies jou oordeel kan belemmer.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Jy kan chaotiese verwarring verwag wat 'n tiener of vriend betref, aangesien mense botsende agendas het en in heeltemal verskillende rigtings beweeg. Daar sal nie tyd wees om verveeld te raak nie, Bulle!
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Persoonlike en professionele verhoudings lyk vandag erg ingewikkeld, aangesien jy tekens verkeerd lees en motiewe verkeerd verstaan. Moet dus geen groot besluite neem voordat dinge nie duideliker raak nie.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Moenie bekommerd wees as julle vandag vol selftwyfel is nie, Krappe. Die Uitspansel moedig julle aan om jul vrese te konfronteer, jul motiewe te bevraagteken en meer kreatief in die formulering van jul doelwitte vir die toekoms te wees.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Geldkwessies lyk vandag verwarrend, veral as jou geld aan 'n vriend of familielid s'n gekoppel is. Jy moet dus geen fiskale besluite neem voordat almal nie helderder dink nie.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















