Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 11 Desember 2018

JOU DAG

Emosionele positiwiteit en proaktiwiteit lyk gunstig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy's op die diereriem se dag van intensiteit gebore. Jy het passie en doelgerigtheid in jou lewe nodig. 2019 is die jaar om meer bewus te raak van jouself.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Groepaktiwiteite, spansport en sosialenetwerkvorming lyk gunstig, terwyl jy jou op 'n verskeidenheid stimulerende maniere met ander mense verbind. Jy sal emosioneel onstabiel voel; probeer om nie te oorreageer nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy kan 'n bedrywige en ietwat ontwrigtende dag verwag wat werk betref. Jy sal op 'n produktiewe en positiewe manier deur enige probleem werk as jy ekstra geduldig en begrypend is.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Is jy gretig om nuwe terreine saam met jou maat of 'n intieme vriend te ondersoek? Hoekom reël julle nie binnekort 'n kampeeruitstappie nie? Of ondersoek saam 'n onderwerp waarin julle albei belangstel.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

'n Bestaande probleem ten opsigte van 'n verhouding kan vandag uit verband geruk word. Probeer om nie kritiek ernstig op te neem nie. Hoe meer jy op jou agterpote is, hoe moeiliker sal dinge wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Een van jou geliefdes kan dalk vandag onverwags iets doen wat jou verras. In dié geval is jou eerste reaksie die beste. Neem die tyd om eerlik te sê wat jy dink.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die huidige situasie wat 'n intieme vriendskap of finansiële vennootskap betref, is onstabiel. Moenie tyd mors deur jou te bekommer oor die rigting wat dinge inslaan nie, want dit verander gedurig.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Was jy te besig om ou vriende op te soek? Dis hoog tyd om weer kontak te maak met eendersdenkende mense in jou plaaslike gemeenskap. Een van jou geliefdes kan vandag nogal rusteloos of rebels wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

'n Geldkwessie of familieaangeleentheid kan vandag verbasend goed afloop. Wees buigsaam genoeg om te ontspan en met die stroom saam te gaan. 'n Positiewe benadering bring voordele oor die lang termyn.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Soek kreatiewe en blywende maniere waarop jy van hulp kan wees in jou plaaslike gemeenskap. Moenie jou idees op ander mense afdwing nie. Jy sal meer sukses behaal as jy jou voorbeeld gebruik om mense op 'n subtiele manier te lei.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Venus en Mercurius besoek jou sone van verwagting en versugting. Verhoog jou kreatiewe mikpunte vir die toekoms. Dis tyd om uit te gaan, jou idees bekend te stel en jou planne te ontwikkel.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy sal heelwat persoonlike vryheid en emosionele ruimte nodig kry. Jy wil nie ingehok voel nie. Dit is 'n dag om uit die huis of werkplek te kom en die buurt te verken.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

As jy vandag ander mense bystaan, sal dit nie soos sleurwerk voel nie. Onthou, terwyl jy ander mense help wat in nood verkeer, help jy eintlik ook jouself. As jy jou bes doen, sal jy teen die einde van die dag verbasende bevrediging smaak.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM