JOU DAG
Vandag se sterre laat vriendelikheid en deernis gunstig lyk.
AS JY VANDAG VERJAAR
Ander mense waardeer jou optimisme. Die volgende 12 maande is 'n uitstekende tyd om jou vriendskapskring en invloedsfeer by die werk uit te brei.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Mik daarna om oopkop te wees, veral wat die sosiale media betref. Jy kan nie beheer wat mense dink of sê nie; moenie tyd mors deur te probeer nie. Skenk noukeurig aandag aan jou drome.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
'n Gesinslid of buurman kan vandag dalk jou praktiese hulp nodig kry. Maak seker jy pas jou besige program aan en sit heelwat tyd opsy om te help.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Jy is te geesdriftig en ongeduldig om verandering te maak. Moenie oorhaastig raak nie, veral nie wat finansies betref nie. Gebruik jou kommunikasievaardighede om ander te motiveer eerder as om hulle te vervreem.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Dit is die ideale dag om iets nuuts aan te leer of 'n onderwerp in diepte na te vors. Jy sal ook tot waardevolle insigte kom rakende ander se verborge motiewe. Gebruik sulke inligting oordeelkundig.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Weerstaan die drang om te vurig en kragdadig met jou menings te raak wanneer jy met vriende en familie gesels. Die slimmer en minder stresvolle ding om te doen, is om 'n ystervuis in 'n fluweelhandskoen te gebruik.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Die kollig val op jou by die werk. Maak seker jy lewer 'n goeie vertoning. Wat huishoudelike sake betref moet jy ekstra diplomaties wees met 'n gespanne lid van die gesin.
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Hoe meer energie en moeite jy in die herstel van jou huislike lewe sit, hoe veiliger gaan jy by die werk en in die wêreld daar buite voel. Die gesin is die grondslag wat alles regop hou.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Pluto moedig jou aan om 'n kommunikasieprobleem op 'n diep en omvattende manier te bekyk. Die situasie verander reeds; wees buigsaam. Soos Bob Dylan sing: "Niks is so stabiel soos verandering nie."
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Vriende en finansies is 'n ingewikkelde kombinasie. Probeer om die twee apart te hou. Met die son wat jou verhoudingsone besoek, is dit tyd vir enkellopendes om meer proaktief te raak.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Moenie altyd mededingend wees nie. Hoe meer jy kollegas en vriende steun, hoe beter sal dit gaan. Vanaand moet jy gehaltetyd saam met 'n spesiale mens deurbring.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Met Venus en Jupiter in jou werksone moet jy slimmer werk, eerder as harder. As jy jou oë en ore oophou, sal jy heelwat waardevolle inligting agter die skerms ontvang.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Doen iets spesiaals vir iemand. Kry inspirasie van Anne Frank (12 Junie 1929 tot 12 Maart 1945): "Hoe wonderlik is dit nie dat niemand 'n enkele oomblik hoef te wag voor hy die wêreld verander nie."
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.













