Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 18 Augustus 2020

JOU DAG

Die Nuwemaan is die perfekte tyd vir 'n nuwe begin.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy beskik oor heelwat veerkrag en uithouvermoë. Die komende 12 maande is die tyd om ou griewe opsy te skuif terwyl jy leer om te vergewe en te vergeet.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die Nuwemaan is in jou mede-vuurteken, die Leeu, dus is dit tyd om sportief of superkreatief te wees. Terwyl jy die leiding neem, is jy op jou uitbundige beste. Maar moenie te baasspelerig wees en te lank bly nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Was jy 'n Bul wat dinge uitgestel het? Is daar 'n lang lys van noodsaaklike werkies om die huis wat gedurig uitgestel word? Die Nuwemaan moedig jou aan om jou moue op te rol en in te spring.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Voel dit asof sommige van jou verhoudings op stuuroutomaat is? Die Nuwemaan spoor jou aan om nuwe maniere te vind om met die mense om jou te verbind - tuis, by die werk en in jou plaaslike gemeenskap.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die Nuwemaan stimuleer jou selfdunksone, dus is jy gretig om jou fisiese voorkoms te verbeter. Geniet dit om jou uiterlike beeld te hersien, maar onthou net dat ware skoonheid van binne kom.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die son en die maan verbind in jou teken, dus is dit tyd dat selfversekerde, charismatiese Katte skyn. En dis presies waarvan jy hou! Sorg dus dat jy vandag iets doen wat jou in die openbare kollig plaas.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die Nuwemaan is die perfekte tyd om jou pap Maagde-batterye nuwe lewe te gee. Breek dus weg van jou woeste roetine en ontsnap na 'n stil, privaat plek waar jy kan ontspan en verjong.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die vurige Nuwemaan skud jou uit jou ongeërgde gewoontes tot binne-in 'n produktiewe modus. Jy sal langdurige tevredenheid ervaar indien jy jou talente aan 'n gesamentlike poging of 'n groepsprojek beskikbaar stel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die Nuwemaan stimuleer jou professionele sone, dus moet jy aan kreatiewe maniere dink om 'n afgesaagde loopbaan 'n hupstoot te gee. Soek jy werk? Laat weet jou familie-, vriende- en kolleganetwerke.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Skutters is in die luim vir avontuur, want die Nuwemaan vuur jul reissone aan. Maar heelwat Boogskutters sal geduldig en covid-veilig moet wees wanneer julle 'n kort reis na 'n bestemming in die omgewing beplan.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die Nuwemaan spoor jou aan om 'n belangrike intieme verhouding te herskep. Die tyd is nou ryp om na meer positiewe gedragspatrone oor te skakel indien julle in negatiewe maniere van kontak verval het.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Is daar probleem tussen jou en jou maat of het 'n intieme verhouding ietwat gespanne geraak? Die Nuwemaan sorg vir 'n gulde geleentheid om dinge te lap en 'n nuwe standpunt in te neem.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die Nuwemaan is die ideale tyd om 'n gebruikersvriendelike nuwe daaglikse roetine te ontwikkel. Met die ononderhandelbare take uit die pad, sal jy baie meer tyd hê vir die dinge wat jy werklik geniet.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM