Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 18 Desember 2018

JOU DAG

Enigiets is vandag moontlik; wees ontvanklik vir die onverwagte en aanvaar wat jou kant toe kom.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is kleurryk en mededeelsaam, maar het 'n gebrek aan fokus. Die lewe sal jou in 2019 leer om die pas te verslap en projekte te voltooi voor jy die volgende ding aanpak.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die maan/Uranus-verbinding kort jou beperkte geduld in en verhoog jou behoefte aan spoed. Jy voel rusteloos en is in die bui vir avontuur en verandering; doen iets heeltemal anders.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Was jy in 'n rusie met een van jou geliefdes betrokke? Die vredeliewende Venus besoek jou verhoudingsone tot 7 Januarie. Dit is tyd om jou trots te sluk en die olyftakkie van vrede uit te hou.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Raak proaktief oor die rigting van en doelwitte vir jou toekoms. Jou motto kom van Brad Pitt, wat vandag verjaar: "Ek dink jy is die skepper van jou dag. En ek dink jy is die skepper van jou lewe."

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

'n Kollega of gesinslid kan jou vandag met 'n verrassende skuif skrikmaak. Probeer dit in 'n positiewe lig beskou. Dis moontlik net wat jy nodig het om dinge in 'n opwindende nuwe rigting te stuur.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Reis en avontuur word beklemtoon terwyl jy die groot, wye wêreld anderkant jou deur verken. Maak seker jy beweeg stadig oor die klippe en is ekstra versigtig as jy motor bestuur, fietsry of naby paaie stap.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Swoeg maar voort wat 'n verwarrende probleem met 'n gesinslid betref. Jy sal hulle eindelik met jou volharding oortuig. Geduld is die sleutel tot sukses.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Verbonde Weegskaal, moenie verbaas wees as jou maat vandag iets onverwags aanvang nie. Enkellopendes moet uit hul gemaksone beweeg en 'n kans waag. Die liefde wag waar jy dit die minste verwag.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die klem val op werkkwessies of geldsake. Moenie op dieselfde ou manier van doen vertrou nie. 'n Intuïtiewe en innoverende benadering kan daarvoor sorg dat jy na 'n kragtige nuwe terrein beweeg.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die son, Mercurius en Jupiter beweeg deur jou teken en versterk jou prima donna-neigings. Jy is in 'n gemaksugtige bui. Streef daarna om kreatief en selfversekerd te wees eerder as baasspelerig en aanmatigend.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Bokke is hardkoppige skepsels en jy kan dit moeilik vind om verskillende menings te aanvaar. Probeer 'n verskeidenheid menings oorweeg. En vermy die neiging om alles as swart of wit te beskou.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die maan/Uranus-verbinding sorg vir 'n ietwat chaotiese dag, gevul met lewendige gesprekke en algemene bedrywighede. Gemeenskapsbande word beklemtoon, maar jy moet besef almal het hul eie mening.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Kreatiwiteit en innovering word beklemtoon terwyl dagdrome jou wegvoer. Volg jou intuïsie wat 'n aangeleentheid betref waarby 'n vriend of kennis betrokke is.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM