Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 18 Junie 2019

JOU DAG

Saturnus en Neptunus verbind met die gunste wat materiële en spirituele behoeftes balanseer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dit is in jou mag om ander te beïnvloed; dus moet jy seker maak jy doen dit op 'n positiewe manier. Meditasie is 'n wonderlike manier om 'n rustelose brein tot rus te bring.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Jy sal die grootste bevrediging kry as jy jou kennis en drome met ander deel - of jy nou op skool is, 'n salaris verdien of vrywilligerwerk doen. Samewerking is die sleutel tot sukses.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Verhoudings word beklemtoon. As jy die beste in mense soek en aan jou kommunikasievaardighede werk, sal jou verhoudings verbeter en 'n goeie kans hê om lank te hou.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Die lewe sal gladder verloop as jy elke dag die een of ander soort ritueel by jou gewone roetine voeg. Dink aan iets soos joga, tai chi, meditasie, bepeinsing, kreatiewe visualisering of om dagboek te hou.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Intieme vennootskappe sal die beste werk as jy jou verantwoordelikhede in die verhouding met 'n glimlag aanvaar. Hoe meer jy ander mense dien, hoe meer sal jou verbindings verdiep en groei.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Saturnus en Neptunus plaas druk op jou om op jou toekoms te fokus. Of jy nou 'n huis wil bou of jou gesin wil uitbrei; jy moet met 'n droom begin en hard daaraan werk om dit in 'n werklikheid te omskep.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Dis tyd om uit te reik en ander te help - in jou familie- en vriendekring en buurt. Die gemeenskapsverbindings wat jy nou aangaan, sal van jou plaaslike gemeenskap 'n beter plek maak en in die toekoms tot jou voordeel strek.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Neptunus en Saturnus moedig jou aan om die balans tussen idealisme en die werklikheid reg te kry. Daarna moet jy dink aan watter konkrete stappe jy kan doen om van jou plaaslike gemeenskap 'n beter plek te maak.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Jy kan bevrediging put uit jou bydrae tot verdienstelike sake, maar jy moet seker maak jy begin by jou eie huis. Jy kan 'n verskil maak as jy groot dink en in jou eie omgewing begin.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Vermy kitsoplossings wat 'n frustrerende probleem betref. Sukses sal volg as jy intuïtief is en al die nodige navorsingswerk doen. Soek die feite wat onder die oppervlak verberg is.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Vandag se Neptunus/Saturnus-verbinding werk goed om 'n inspirerende droom in werklikheid te omskep. Drome word vermors as jy dit nie in produktiewe projekte omskep nie.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Jy sal vandag die geleentheid kry om ander te lei en te beïnvloed. Moet dit nie vermors nie. Ander sien op na jou vir woorde van wysheid; dus moet jy aan die werk spring en hulle nie teleurstel nie.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Neptunus en Saturnus beklemtoon jou netwerksone. Jy is gretig om vandag met ander in verbinding te tree. Die tyd is ryp om groot drome te droom en langtermynplanne te smee.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM