JOU DAG
Vandag se planetêre patrone bevorder kreatiwiteit en meelewing.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy beskik oor 'n idealistiese geaardheid en hou daarvan om hard te werk. Neem oor die komende 12 maande die wyse raad van 'n vriend, onderwyser of mentor ter harte.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Soek vandag tyd vir rus en ontspanning in jul besige program, Ramme. Innerlike fokus pas die sterre vandag uitstekend. Dit is dus die perfekte dag vir joga, meditasie of stille mymering.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Kreatiwiteit en deernis is vandag volop, Bul, terwyl jy 'n groot droom of begin om 'n opwindende nuwe doelwit na te jaag. Bring ook gehaltetyd deur saam met 'n geliefde of geliefkoosde vierpootvriend.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Benut die dag ten volle, Tweeling! Die mantra wat jou tans inspireer kom van die beroemde Deense skrywer Hans Christian Andersen wat ook vandag verjaar het. "Die lewe self is die wonderlikste feëverhaal."
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Julle is in die kollig, Krappe, terwyl julle jul boodskap hard en duidelik oordra. Studie en opleiding word ook beklemtoon. Maak dus seker julle oefen jul grysstof en leer iets nuuts.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Opleiding, reis, die sosiale media en internasionale bande word vandag, danksy die son, bevoordeel. Maar jy moet poog om ekstra goedhartig en deernisvol te wees teenoor 'n gespanne gesinslid.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Weerstaan die drang om kritiek aan te bied - al is dit nou ook hoe ‘konstruktief'. As jy vandag op 'n sorgsame en deernisvolle manier met familie, vriende en kollegas omgaan, sal dit baie vrugte afwerp.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Mercurius, Venus en Neptunus besoek jou gesondheidsone; dus moet jy meer kreatief wees in jou soeke na 'n fiksheidsroetine wat jy kan geniet. Pas ook jou dieet aan sodat dit voedsamer maaltye insluit.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Aangesien jy en die kind in jou binneste tuisbasis bereik, word alle soorte stokperdjies en kreatiewe projekte bevoordeel. Ruim dus tyd in vir pret terwyl jy met iets besig is wat jou hart laat sing!
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Moenie vandag veroordelend wees wat 'n probleem met 'n verontruste gesinslid betref nie, Boogskutter. Jy sal agterkom hoe sensitiewer jy is, hoe bevredigender sal die eindresultaat wees.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Alle soorte groepskommunikasie word bevoordeel, hetsy dit in jou plaaslike of aanlyn gemeenskap is. Hoe meer deernis jy aan die dag lê, hoe beter sal die dag wees.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Bekommer jy jou oor geld? Vandag se sterre sal sekere slim Waterdraers help om kreatiewe nuwe maniere te bedink om jul kontantvloei 'n hupstoot te gee. Soek motivering by 'n intieme vriend as jy met idees vasdraai.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Die Mercurius/Neptunus-verbinding is fantasties vir kreatiewe projekte, liefdadigheids- en spirituele pogings. Maak dus seker jy druk jouself uit, put uit jou intuïsie of help iemand in nood.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















