Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 20 Augustus 2019

JOU DAG

Jy kan vandag intense emosionele verbindings verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het 'n ingebore vermoë om empatie aan ander te betoon; gebruik dit ten volle. Die komende 12 maande is die tyd om van werk te verander, 'n nuwe roeping te volg of as vrywilliger te werk.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Jy kan vandag intense onderonsies met ander verwag. Wees versigtig en moenie vinnige, halfgebakte gevolgtrekkings maak nie. As jy onbevestigde skinderpraatjies rondstrooi, kan jy jou dalk buite in die koue bevind.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Komplikasies is moontlik wat 'n buierige kind, tiener of intieme vriend betref aangesien hulle iets wat jy sê, verkeerd opneem. Streef daarna om ekstra diplomaties te wees en jou woorde wys te kies.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Moenie te veel staatmaak op die hulp van ander nie aangesien hulle besig is met hul eie sake. Leer meer selfstandig wees. Dis 'n goeie tyd om jou kantoor tuis of jou huishoudelike ruimte op te kikker.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Die maan is in 'n reghoekige lyn met Pluto en kan jou buierige en beheervraat-sy aktiveer. Kom tot rus. Dit sal 'n lang, dramatiese en ingewikkelde dag wees as jy dinge te ernstig opneem.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Jou drempel van verveeldheid is laag en jy het nie geduld vir lastige mense of lang verduidelikings nie. Probeer om jou op 'n taktvolle manier uit sulke situasies los te maak.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Fokus jy sterk op 'n persoonlike projek of het jy bloot 'n obsessie daarmee? Werk hard aan 'n huidige belangstelling, maar moenie jou geliefdes in die proses afskeep nie.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Jy kan dalk vandag rusteloos en temperamenteel voel. Verveeldheid is taboe. Maak seker jy verdiep jou in opwindende aktiwiteite wat jou besig, betrokke en uit die moeilikheid hou.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Jy's in die luim om te praat en dinge te deel, maar luister enigiemand? Die mense om jou is besig met hul eie kwessies. Geniet dit om individuele projekte na te jaag wat jou Visse-nuuskierigheid prikkel.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

'n Geliefde of kollega kan moontlik jou prestasie of gewoontes kritiseer, maar probeer om nie beledig te voel nie. Jou motto vir die dag: Behou jou Ram-ewewig, bly kalm en gaan voort.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Jy sien die hele prentjie wat geldsake betref en dit is goed en wel vir die beplanning van toekomstige projekte. Maar die maan en Pluto is haaks; dus moet jy die drang weerstaan om 'n irriterende Bul te wees.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Dit is die praatlustige Tweeling se plig om dinge ligter te maak aangesien baie mense vandag intens sal wees. Moenie op sensitiewe gevoelens trap nie. Gebruik die tyd om werklik na ander te luister.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Intieme verhoudings sal nie vandag glad verloop nie, want Pluto krap jul intense emosies deurmekaar. Die ander planetêre patrone moedig jou aan om af te koel, te ontspan en te skik.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM