Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 23 April 2019

JOU DAG

Vandag se onvoorspelbare sterre beklemtoon aksie en avontuur.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het 'n sterk behoefte aan sekerheid. Moet egter nie alte veilig speel nie. Maak seker jy gryp gelukkige geleenthede aan wanneer hulle by jou verbykom, anders gaan jy hulle misloop.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Jou spontane sy skuif in snelrat, maar moenie ander mense aanjaag nie. Vriende en kennisse waardeer jou entoesiasme, maar moet hulle nie afskrik deur alte vinnig nader te storm nie!

BUL, 21 APR.-21 MEI

Die vurige Son en die rustelose Uranus verbind met mekaar in jou teken. Dit is dus tyd dat weifelende Bulle uit hul gemaksone storm en iets uitdagends, opwindends en heel avontuurliks doen.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

As jy in 'n verhouding is: Hou op om net aan jouself te dink en vertroetel liewer jou maat met hope tere liefde en sorg. As jy enkellopend is: Jou sielsgenoot wag dalk net waar jy dit die minste verwag. Begin dus met die soektog!

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Groepsaktiwiteite en netwerkvorming word bevoordeel. Brei dus jou sosiale kring uit om mense in die buiteland - wat opwindende nuwe idees het - in te sluit. Daar is altyd nog iets te leer wat huidige neigings betref.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Die opwindende Uranus stuur elektriese energie in jou rigting, en dit sal jou energievlakke verhoog en jou gedagtes stimuleer. Wat werk betref, moet jy styf vashou en die onverwagte verwag!

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Is daar tans 'n uitdaging wat jy nie alleen die hoof kan bied nie? Dit is wys om die raad van 'n mentor, nabye kollega of familielid te soek. Berei jou voor om te luister en te leer.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Die sterre maak jou nuuskierig en laat jou na vars inligting streef, dus moet jy jou gedagtes behoorlike oefening gee. Jy sal dit ook geniet om 'n navorsingsprojek of geliefkoosde vraagstuk te takel.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Dinge wat 'n romantiese, platoniese of sakeverhouding betref, verloop nie soos jy beplan het nie. Moenie 'n hardkoppige Skerpioen wees nie. Wees onbevooroordeeld en hou jou verwagtings buigbaar.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Dis 'n goeie dag om familielede tuis te onthaal of vriende by jou geliefkoosde restaurant te ontmoet. Jy's in die bui vir kuier, maar jy kan dramas en ontwrigtings langs die pad verwag.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Uranus en die Son verbind in jou vriendskapsone. Hoe meer jy dus met jou geliefdes, werkskollegas en kennisse kommunikeer, hoe meer vrugte sal jy op onverwagte maniere pluk.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Die sterre stimuleer vandag jou rustelose en nuuskierige Waterdraer-geaardheid. Maak seker jy neem 'n spesiale geliefde saam op die rit wanneer jy jouself in avontuurlike nuwe rigtings uitstrek.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Die planete beloof 'n dag vol aktiwiteite wat sal sorg dat jy goed voel oor jouself. Professionele projekte en die sosiale media word ook beklemtoon, maar moenie liggelowig wees en alles glo wat jy hoor nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM