JOU DAG
Die maan is in die Leeu; verwag dus 'n dramatiese Kersdag, vol pret en feestelikheid.
AS JY VANDAG VERJAAR
2019 is die jaar waarin jy ambisieuse doelwitte moet stel, jou drome moet najaag en na die sterre moet reik. As jy dapper is en in jouself glo, sal jy dit bereik.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Die maan beweeg deur jou partytjiesone; jy is in die luim vir 'n fees. Doen jou bes om te help dat jou familie en intieme vriende die Kersfeesvierings tot die uiterste geniet.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Moenie meegevoer raak en die Kersfeesvierings, veral die etery en drinkery, oordoen nie. Jy en jou spysverteringstelsel sal die dag meer geniet as jy matigheid voor oë hou.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Lewendige Tweelinge geniet die sosiale sy van die Kerstyd. Maak net seker jy bring jou kant wat voorbereiding en opruiming betref, anders gaan jy op Tweede Kersdag nie baie gewild wees nie.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Jy is in 'n feestelike bui. Skop jou skoene uit en geniet die Kersvierings. As jy te veel eet, drink en partytjie hou, sal jy môre knorrig wees.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Die maan beweeg vandag deur jou teken; jy is in die bui om 'n magiese en prettige Kersdag te vier. Onthou daardie ekstra spesiale Kerswens.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Bly dié Kersfees kalm en hou dinge in perspektief. Soos die Britse skrywer Quentin Crisp, wat vandag verjaar het, verklaar het: "Maak van alle rampe kleinighede, maar moet nooit van 'n kleinigheid 'n ramp maak nie."
WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.
Jy is gek daaroor om presente te ontvang, maar hou selfs meer daarvan om geskenke uit te deel. Maak seker jy verslap die pas. Dan sal jy deur die vieringe beweeg sonder om teen slapenstyd uitgeput te voel.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Bekommernis oor alles wat jy nog moet doen, sal niks help nie. Probeer om jou Kersfeestake te prioritiseer. Eers dan sal jy dinge sonder 'n Skerpioen-breinknal gedaan kry.
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Die vurige Leeu-maan verbind met die jolige Jupiter. Jy is in 'n bui om die Kersvierings tot die uiterste te geniet. Hoe meer vrygewig jy teenoor jou geliefdes is, hoe beter sal jou dag wees.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Moenie dié Kersfees 'n heerssugtige Steenbok wees terwyl jy rondjaag en alles probeer reël nie. Sorg dat jy tyd kry om te gaan sit, te ontspan en die gees van die dag te geniet.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Jou motto vir die dag kom van die beroemde sanger-liedjieskrywer Annie Lennox, wat ook vandag verjaar. "Vra jouself af: Was ek vandag goedhartig? Maak van goedhartigheid jou modus operandi en verander jou wêreld."
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Jy's dol oor die tradisie, fantasie en goedheid van die Kersdag, en jy geniet dit veral om jou eie kreatiewe feestelike kinkels by te voeg. Wat jy ook al doen, maak seker jy geniet die verrigtings.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.
















