Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 25 September 2018

JOU DAG

Die sterre bevoordeel nuutskepping en proaktiwiteit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is hardwerkend en vasberade. 2019 is die jaar waarin jy mense minder moet kritiseer en hulle baie meer moet aanmoedig.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die Son en Mercurius beweeg albei deur die vredeliewende Wegskaal. Jou huidige mantra kom dus van die skrywer Robert Louis Stevenson: "Kompromis is die beste en goedkoopste prokureur."

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Sit jou beste voetjie voor op professionele gebied, want ander mense neem kennis van 'n meer bemagtigde jy. Kuier en netwerkvorming word begunstig, maar moenie jouself in die proses afskeep nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mars, die aksieplaneet, gaan tot 15 November voort om jou avontuursone te aktiveer. Doen dus jou bes om so gou as moontlik te reis, 'n nuwe plek te verken of 'n wegbreeknaweek te geniet.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy moenie geld verkwis nie. Soos die beroemde Will Smith, wat ook vandag verjaar, ons herinner: "Te veel mense gee geld uit wat hulle nie verdien het nie om goed te koop ten einde mense van wie hulle nie hou nie, te beïndruk."

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Hoe meer jy jou intieme verhoudings vertroetel, hoe meer sal hulle floreer. Jy moet egter nie kitsresultate verwag nie. Duidelike kommunikasie en volgehoue verbinding is die sleutels tot sukses op die lang termyn.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mars beweeg nog steeds deur jou welsynsone, dus moet jy proaktief wees in jou soeke na 'n fiksheidsroetine wat jou gemotiveerd hou. En kies kossoorte wat jy graag voorberei en eet.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Mars vuur tot 15 November jou selfuitdrukkingsone aan. Dus - as jy jou energie na kreatiewe strewes kanaliseer - is die moontlikheid kleiner dat jy die dag met bepeinsing en uitstel sal vul.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Aandag, alle Skerpioene! Mars besoek jou tuistesone; daarom moet jy poog om meer proaktief te wees in die oplossing van 'n huidige gesinsprobleem. As jy jou kop in die sand steek, sal die situasie eenvoudig dieselfde bly.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die dinamiese Mars storm deur jou kommunikasiesone. Energie, selfvertroue en optimisme is dus volop. Maar vermy haastige aanmerkings op die sosiale media wat jou later sal berou.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Mars, die aksieplaneet stimuleer jou geldsone. Dit is dus tyd om meer proaktief te wees wat geld betref. Is daar dalk idees wat jy an die gang kan sit wat jou geld 'n hupstootjie kan gee en jou kontantvloei kan verhoog?

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die proaktiewe Mars beweeg tot 15 November voort deur jou teken. Selfvertroue is dus in en selfbehae is uit terwyl jy dit wat jy begeer, met hope passie en pizazz najaag.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Markeer jou pas, Visse! Mars gee jou die motivering om vas te staan teenoor ander mense en te weier om ekstra werk aan te neem. Dan kan jy spesiale alleentyd deurbring terwyl jy ontspan, herstel en verjong.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM