JOU DAG
Die maan en Pluto maak emosies vandag meer intens.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy gee om en is bewus van die gemeenskap; jy hou daarvan om te weet jy maak 'n verskil. Fokus die komende 12 maande daarop om romantiese, platoniese en sakevennootskappe te verbeter.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
'n Intieme verhouding is verwarrend, maar moet jou nie te veel bekommer nie; dit sal oorwaai. Bepaal jou aandag by 'n persoonlike projek wat die potensiaal het om 'n reusesukses te word.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Wag jy vir 'n nuwe werk, bevordering, bonus of salarisverhoging? Maak seker jy is proaktief en geduldig as jy vooruitgang wil maak by die werk. Vorm netwerke met suksesvolle kollegas.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Jy is gemoeid met die dieper kwessies van die lewe; moet jou nie oor onbenullighede kwel nie. Studie en navorsing lyk gunstig, maar moenie intens en baasspelerig wees teenoor ander nie.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Jy kan dalk vandag tydelik die pad byster raak aangesien mense verwarrend en situasies ingewikkeld is. As jy mooi na jou intuïsie luister, sal dit jou eindelik weer op die regte spoor bring.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Die drang om te reis, vir sake of plesier, is sterk noudat die son, Venus en Mars jou avontuursone aktiveer. Jy moet groot droom, jou navorsing deeglik doen en jou wegbreek binnekort bespreek.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Streef daarna om oopkop te bly, veral in 'n groepsituasie. Jy kan nie ander mense se denke beheer nie; moet dus nie jou energie mors deur te probeer nie. Bring gehaltetyd saam met 'n vriend deur wat jou laat glimlag.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
'n Vriendskap word getoets; dink dus twee keer voor jy iets onvanpas uitblaker. 'n Droom wat jy vertroetel, het 'n kans om werklik te bloei, maar jy moet geduldig wees en daarmee volhou.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Werk versigtig met 'n geliefde, anders sal julle op mekaar se tone trap. 'n Ingewikkelde verhouding met 'n kollega by die werk sal verbeter, terwyl julle op die dinge fokus wat julle gemeen het.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Die lewe sal dié week opwindend en onvoorspelbaar wees. Gebruik jou tyd om te ontspan en jouself te koester. 'n Aromaterapie-bad of masseersessie kan nommerpas wees.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Die planete stimuleer jou geld- en tuistesones. Dit is 'n goeie tyd om geld- en huishoudelike kwessies te takel. Gaan dinge twee keer versigtig na, anders kan chaos en verwarring ontstaan.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Jy sal lus voel om ander beter te leer ken, te gesels, teksboodskappe te stuur of te twiet of dinge in die sosiale media te plaas. Moenie ander ontstel deur iets te skryf wat kwessies uit die verlede ophaal nie.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Dit sal wys wees om 'n voorraadopname oor jou geldsake te neem. Die son, Venus en Mars besoek jou geldsone. Maak seker jy werk deeglik en het al die feite en syfers byderhand.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















