Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 4 Desember 2018

JOU DAG

Heelwat intieme verhoudings sal vandag vurig wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is moedig en energiek, en jy hou baie daarvan om die mense om jou te help. 2019 is die jaar waarin jy moet verlangsaam en na die wysheid van die stemmetjie in jou binneste luister.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Venus, die vredemaker, moedig jou aan om 'n lendelam verhouding te lap. Jy moet egter nie net oor die oppervlak heen skeer nie. Jy sal moet diep delf! Moenie die kans laat glip om positiewe veranderinge aan te bring nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Venus, die liefdesplaneet, besoek jou verhoudingsone tot 7 Januarie. Jy moet dus iets ekstra romanties saam met jou maat beplan. Enkellopende Bulle - soek liefde by 'n sjarmante Steenbok of 'n sexy Skerpioen.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy sal bevrediging put as jy gefokus bly terwyl jy - vir 'n verandering - 'n daaglikse roetine volg! As jy kreatiwiteit met vrugbare werk kan kombineer, sal dit tot blywende resultate lei.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Venus, die kultuurplaneet, besoek jou vermaaksone tot 7 Januarie. Dit is dus die perfekte tyd om 'n boekvoorlesing, musiekkonsert, teateropvoering of kunsuitstallings by te woon. En om jouself te geniet op partytjies!

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Ons roep alle diplomatiese Leeus! Venus, die Vredesplaneet, beweeg tot 7 Januarie deur jul tuistesone. Daar sal dus moontlik op jul knoppie gedruk word om vurige humeure in die gesin af te koel.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Venus is in jou kommunikasiesone, dus is dit tyd om, met behulp van die sosiale media, jou finansiële situasie te verbeter. Jy kan dus jou kontantvloei 'n hupstootjie gee met behulp van 'n aanlyn plasing, verkoopspromosie of vennootskap.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Jy's lus vir 'n kooplopie - solank jy dit net kan bekostig, Weegskaal. Om jou verder in die skuld te steek stuur egter op 'n ramp af. Moet om vadersnaam nie die bank leegtrek nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Venus, die lewenslustige plesierplanet, besoek jou teken tot 7 Januarie. Dit vergroot jou romantiese sy en gee jou sosiale lewe 'n hupstoot. Skaal dus jou intense sy af en geniet jouself.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy sal dit vandag geniet om gehaltetyd alleen deur te bring terwyl jy jou oorgee aan heerlike dagdrome en uit jou intuïsie put. Sorg egter dat jy nie by 'n geheime liefdesverhouding betrokke raak nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Slaan jy munt uit jou kreatiwiteit? Venus por jou aan om by 'n groep, klub of organisasie aan te sluit wat jou sal help om jou besonderse talente te ontwikkel. Jy kan altyd iets nuuts byleer!

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Venus is - tot 7 Januarie - in jou loopbaansone, dus sal kuier saam met kollegas help om jou verhoudings by die werkplek te verbeter. Vertel jou vriende as jy werk soek.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dit is te danke aan Venus dat projekte rakende opleiding, navorsing, reis, publisering en groepe van nou af tot 7 Januarie bevoordeel word. Jy kan ook weer in verbinding kom met 'n vriend uit die vreemde.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM