Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 3 September 2019

JOU DAG

Waak daarteen om iets te sê wat jy later sal berou.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is slim en het vele talente. In die komende 12 maande moet jy minder uitstel en meer dinge afgehandel kry.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Jy dink nou al 'n rukkie oor 'n ingewikkelde situasie. Gegriefdheid het opgebou en jy kan vandag presies sê wat jy dink. Probeer jou bes om deurslaggewend te wees, eerder as op die verdediging.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Jou verbeelding vlieg die hoogtes in en jou vermoë om logies te dink, verdwyn soos mis voor die son. Dit is tyd om kreatiewe aktiwiteite na te jaag eerder as om besluite te neem wat objektiewe denke verg.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Probeer jou bes om vandag iemand te help wat in die nood is. Jy sal gefokus, intens en superpuntenerig voel. Maak seker jy word nie vir 'n obsessiewe beheervraat aangesien nie.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Jy is in die bui om jou besluite te wysig. Alle soorte avontuurlike en opwindende scenario's is moontlik. Maar bly weg van belangrike besluite op professionele gebied tot jy voel jy kan weer die balans handhaaf.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Jy is gretig om ou vriendskappe te koester, en opwindende nuwes na jou wêreld toe aan te trek. Vermy mense wat negatief dink. Beweeg na mense wat jou toekomsdrome steun en aanmoedig.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Wat sommige Waterdraers betref: Jou kreatiwiteit skyn vandag op proaktiewe en produktiewe maniere. En die ander: Verwag dat kommunikasie met 'n familielid, vriend of kollega intens en moeilik sal wees.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Werk hard aan die verbetering van 'n intieme verhouding. Sorg dat probleme langs die pad jou nie van stryk bring nie. Sê wat jy dink, maar streef daarna om ekstra geduldig te wees en begrip te toon.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Kreatiwiteit loop hoog, maar moenie iets doen of sê wat mense onbedoeld kan seermaak nie. Haastige woorde kan soos 'n mes sny. As jy dit nie self redigeer nie, kan jy eindelik in 'n rusie betrokke raak.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Is daar 'n probleem wat jou pla? Luister na die wyse woorde van 'n vertroude mentor of vriend, en skakel ook in by wat jou intuïsie vir jou sê. Dit sal jou die regte rigting aanwys.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Oos, wes, tuis bes terwyl jy ekstra huishoudelike verantwoordelikhede met 'n houding van ‘ek kan dit doen' aanvaar. Jy sal ekstra geduldig moet wees teenoor jou gesinslede as jy moeilikheid en rusie wil vermy.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Jou skanse gaan op en jou geduld raak min terwyl jy obsessief raak om iets af te handel. Probeer meer objektief wees, veral wat 'n intieme verhouding betref.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Leeus is aangetrokke tot 'n luukse leefstyl. Jy is geneig om duur dinge te koop wat jy nie werklik nodig het nie. Jy sal hopelik vandag inskakel by jou strategiese sy en voortgaan om geld tot 'n sinvolle minimum uit te gee.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM