Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 30 April 2019

JOU DAG

Saturnus bemoeilik dinge. Jy kan 'n bietjie kitskarma verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is geneig om tot uiterstes te gaan, en jou vernaamste les is om na meer balans en harmonie in jou daaglikse lewe te streef.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Mik daarna om die balans tussen jou persoonlike en beroepslewe reg te kry. Jy sal heelwat onnodige angs veroorsaak as jy te krities teenoor jou geliefdes of kollegas optree.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Ekstra rekenings en stygende koste maak jou benoud. Dinge raak ernstig en verwarrend. Dit is noodsaaklik om 'n streng begroting te hê en daarby te hou, veral as jy deel is van 'n finansiële vennootskap.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Jy wil pens en pootjies inspring wat 'n romantiese of sakeverhouding betref, maar die ander party wil dinge stadiger neem. Jy sal geduldiger moet wees en meer selfbeheersing aan die dag moet lê.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

As jy oorhaastig is met projekte, sal jy dit later moet oordoen. Jy kan 'n probleem verwag ten opsigte van 'n verhouding met 'n vriend of kollega. Baasspelerigheid sal dinge aansienlik vererger.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Beskou jy 'n romantiese verhouding deur 'n ongewoon rooskleurige bril? Hoe hoër die voetstuk is waarop jy jou maat plaas, hoe verder sal hulle val. Leer om hulle lief te hê, foute en al.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Die sleutel tot 'n minder stresvolle dag is om georganiseerd en buigsaam te wees. Intieme verhoudings lyk problematies aangesien sommige gesinslede onder druk voel. Ontspan en raak rustig.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Saturnus krap dinge in jou gesprek- en reissone deurmekaar. Jy kan oponthoude, dramas of verwarring verwag rakende motors, rekenaars of kommunikasie. Neem tyd om dinge met 'n vriend deur te praat.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Dit lyk na 'n goeie plan om 'n geldkwessie aan te jaag, maar dit sal net vorentoe probleme veroorsaak. Jy moet die geldresies stadig en bestendig wen.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Dit wil voorkom asof jou heerser, Saturnus, elke beweging van jou fnuik. Jy kan frustrasies, oponthoude of uitdagings verwag. Moenie stres nie. Gebruik die stil tyd om jou benadering te hersien en jou planne te heroorweeg.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Jou motto vir die dag kom van die aktrise Gal Gadot, wat ook vandag verjaar: "Die gebaar van vriendelikheid of vrygewigheid wat jy aan die wêreld wys, kan hoe klein wees - dit maak nie saak nie - maar dit sal 'n verskil maak."

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Neem jou tyd wanneer jy met ander mense kommunikeer, persoonlik en in die sosiale media. Wanneer jy iets sê of 'n boodskap stuur, moet jy nie gejaagd voel nie, want dit kan tot probleme lei.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Wees vandag ekstra versigtig as jy met mense in gesagsposisies te doen kry. Jy voel gefrustreerd, maar mense in magsposisies sal nie 'n humeurige uitbarsting waardeer nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM