JOU DAG
Talle mense sal vandag emosioneel intens voel.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is slim en vinnig van begrip, maar kan te veel verpligtings aanvaar. Bring vanjaar meer vrede en kalmte in jou chaotiese wêreld.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Kreatiwiteit word hoog aangeslaan. Moenie onbewustelik iets sê wat ander mense kan seermaak nie. Haastige woorde kan soos 'n mes sny. Jy kan by 'n rusie betrek word as jy jouself nie redigeer nie.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Pla 'n probleem jou? Luister na die wyse woorde van 'n betroubare vriend of mentor en skakel in by wat jou intuïsie vir jou sê. Dit sal jou die regte rigting aandui.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Jy is in die luim om veranderings aan te bring. Allerhande ongewone situasies en opwindende scenario's is moontlik. Moenie belangrike besluite neem voor jy rustiger voel nie.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Jou skanse gaan op en jou geduld kom af, want jy het 'n obsessie om iets af te handel. Probeer om effens meer objektief te wees, veral oor 'n kwessie wat 'n intieme verhouding raak.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Jou verbeelding vlieg vandag die hoogte in terwyl jou vermoë om logies te dink, kan tuimel. Dit is tyd om kreatiewe aktiwiteite na te jaag, eerder as om besluite te neem wat objektiewe denke verg.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Jy is gretig om ou vriendskappe te koester en opwindende nuwes na jou wêreld toe aan te trek. Vermy mense wat negatief dink. Beweeg liewer in die rigting van mense wat jou toekomsdrome aanmoedig.
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Oos, wes, tuis, bes geld terwyl jy ekstra huishoudelike verantwoordelikhede met 'n kan-dit-doen-glimlag aanvaar. Verhoudings met gesinslede sal ekstra intens wees, maar geduld sal jou deurdra.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Jy broei nou al 'n ruk lank oor 'n ingewikkelde situasie. 'n Wrok het opgebou en jy kan vandag dalk presies sê wat jy dink. Moenie 'n gunstige reaksie van ander mense verwag nie.
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Jy's dikwels geneig om duur dinge, wat jy nie werklik nodig het nie, te koop. Hopelik sal jy vandag, onder die invloed van die puntenerige Pluto, by jou strategiese sy inskakel en jou beursie styf toehou.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Probeer jou bes om vandag iemand wat in die nood is, te help. Jy sal gefokus, intens en superkieskeurig voel. Maak net seker jy word nie as 'n beheervraat met 'n obsessie beskou nie.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Sommige Waterdraers se kreatiwiteit sal vandag op proaktiewe en produktiewe maniere na vore kom. Ander kan verwag dat kommunikasie met 'n familielid, vriend of kollega intens en moeilik sal wees.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Werk daaraan om 'n intieme verhouding te verbeter. Moenie toelaat dat probleme langs die pad jou aandag aflei nie. Venus besoek jou verhoudingsone; probeer ekstra geduldig en begrypend wees.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.
















