Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 7 Augustus 2018

JOU DAG

Venus skuif in die Weegskaal en dit bevoordeel takt en diplomasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is slim en snaaks en het 'n vrygewige hart. Die komende 12 maande is 'n fantastiese tyd om opwindende veranderings by die werk aan te bring.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Venus beweeg tot 9 September deur jou teenoorgestelde teken, die Weegskaal. Dis dus hoog tyd om jou te pantser teen baasspelerigheid, ongeduld en impulsiwiteit. Poog liewer om koel, kalm, gemeenskaplik en behulpsaam te wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Venus, jou heerserplaneet, skuif tot in die Weegskaal, dus is jy in die luim om te sosialiseer en partytjie te hou asof jy weer 'n tiener is. Dis ook 'n goeie tyd om verhoudingskwessies te bespreek.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Venus, die gesellige plesiervraat, beweeg deur jou onthaalsone. Die komende weke is dus die ideale tyd om 'n partytjie te beplan en aan te bied. Of woon 'n musiekkonsert, teateropvoering of kunsuitstalling by.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Venus beweeg deur jou gesinsone, dus is dit tyd om vrede te maak met 'n omgekrapte geliefde. Kompromis en samewerking is die sleutel tot huislike harmonie in Casa Kreef.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Venus beweeg in jou kommunikasiesone in; dus bevoordeel die sterre sosiale geleenthede en hope lewendige besprekings. 'n Buigsame benadering gee die beste resultate wat 'n gesinskwessie betref.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Berei jou voor vir persoonlike koestering! Venus besoek jou selfbeeldsone, so dis tyd om jouself te bederf met die klein luukses van die lewe. Soos massering of 'n fantastiese nuwe uitrusting.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Vrede, harmonie, kreatiwiteit en deernis word almal beklemtoon terwyl Venus deur jou teken beweeg. Heerlike dagdrome nou sal later in suksesvolle kreatiewe projekte verander.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Probeer om die balans reg te kry tussen kuier saam met eendersdenkende vriende en tyd wat deurgebring word saam met 'n baie spesiale persoon - jyself. Gee ook noukeurig aandag aan die simboliek van jou drome.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Groepsaktiwiteite word bevoordeel terwyl jy jou talente en kundigheid bydra tot 'n plaaslike klub, organisasie of 'n verdienstelike saak. Dis ook 'n wonderlike tyd om jou kreatiewe idees aanlyn oor te dra.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie vandag stres of jaag wat betref professionele projekte en persoonlike verhoudings nie, Steenbok. Neem die tyd om dinge te deurdink en maak seker jy geniet elke tree wat jy gee.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Venus beweeg deur jou reissone, dus moet jy 'n ontspannende wegbreektyd die een of ander tyd in September beplan. 'n Plek met 'n lieflike natuurskoon, fantastiese kos en vrolike geselskap sal ideal wees!

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is ingestel vir 'n besige dag tuis of by die werk terwyl jy deur papierwerk ploeg of onvoltooide sake afhandel. Die tyd wat jy saam met 'n spesiale geliefde deurbring, sal 'n vonkel in jou dag sit.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM