Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 9 April 2019

JOU DAG

Die son skyn van nou af tot 20 April in die vurige en aktiewe teken van die Ram.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is passievol, vooruitstrewend en oortuigend. 2019 is die jaar om meer by eendersdenkende mense in jou plaaslike gemeenskap betrokke te raak.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Vandag se sterre vuur jou Ram-geesdrif en -spontaniteit selfs meer aan as gewoonlik. Maak net seker dat jy enige beloftes of verbintenisse deurvoer wat jy teenoor familie, vriende of kollegas aangaan.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Het jy met 'n onvoorspelbare situasie te doen? Gebruik jou verbeelding om 'n vars benadering tot 'n ou probleem te kry. Skenk ook ernstig aandag aan die boodskappe in jou drome.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Die maan betree jou teken en dit beklemtoon jou nuuskierige, rustelose en aanpasbare sy. Maak dus seker dat jy vandag hope stimulerende aktiwiteite beplan ten einde geïnteresseerd te bly, Tweeling.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Kreatiwiteit is volop, en jy is gretig om aan geliefdes te toon waartoe jy werklik in staat is. Maar julle moet vandag jul voete op die aarde hou, Krappe, en moenie meer beloof as wat julle in die werklikheid kan lewer nie.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

As jy hardkoppig aan 'n standpunt bly vasklou, sal dit jou vandag vinnig nêrens bring nie, Leeu - veral wat geliefdes betref. Terwyl 'n buigsame en prettige houding die dag aansienlik gladder sal laat verloop.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Hoe kreatiewer en meer tegemoetkomend jy is, hoe beter sal die dag wees. Die sterre moedig jou aan om groot te droom terwyl jy uit opwindende idees van 'n stimulerende nuwe bron put.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Baie Weegskale sal vandag nogal rusteloos voel. Julle moet dus uitdagende en kreatiewe maniere kry om julle te vermaak en besig te hou. Goedhartigheid en deernis sal julle ver bring, veral met kollegas.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Jy dink jy ken die antwoorde, maar 'n huidige probleem is aansienlik ingewikkelder as wat dit op die oog af voorkom. Dis beslis nie net swart en wit nie. Daar is baie skakerings van grys tussenin.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Dis 'n fantastiese dag om dit te doen wat jy so goed kan doen - gesels, lag en gekskeer met familie en vriende. Maak net seker jy is gesellig pleks van babbelsiek en stimulerend pleks van oppervlakkig.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Gebruik vandag jou aardse Steenbok-energie op verskillende maniere sodat jy nie naderhand verveeld raak nie. Daag jouself uit terwyl jy 'n gekoesterde droom neem en dit geleidelik tot die klipharde werklikheid omdraai.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Jy kry 'n kreatiewe manier om 'n tergende ou probleem op te los; dus voel jy geïnspireerd. Maak seker dat jy met vriende omgaan wat jou eienaardighede vier en jou drome aanmoedig.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Dis 'n goeie dag vir gesamentlike pogings, terwyl jy 'n kombinasie van sjarme en durf gebruik om te kry wat jy begeer . . . op die aangenaamste manier moontlik. Ruim ook sommer tyd in om 'n intieme verhouding te koester.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM