JOU DAG
Daar is 'n nuwemaan en Mercurius beweeg ook vorentoe.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is 'n mens met visie in die lewe. Die komende 12 maande is die tyd om ou griewe te laat vaar, terwyl jy leer om te vergewe en te vergeet.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Die son en die maan span saam in jou teken; dus is dit tyd dat selfversekerde, charismatiese Katte skyn. En dis presies hoe jy daarvan hou! Doen dus vandag iets spesiaals wat jou in die openbare kollig kan plaas.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Die nuwemaan is die perfekte tyd om jou pap Maagd-batterye te herlaai. Breek dus weg van jou besige roetine en ontsnap na 'n stil en privaat plek, waar jy kan ontspan en herlaai.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Die vurige nuwemaan ruk jou weg van jou ontspanne Weegskaal-maniere, en plaas jou in 'n produktiewe gang. As jy jou talente tot 'n gesamentlike onderneming of 'n groepsprojek bydra, sal dit sorg vir langdurige tevredenheid.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Dink aan kreatiewe maniere om 'n vaal beroep lewe te gee, terwyl die nuwemaan jou beroepsone stimuleer. Soek jy werk? Beplan om van môre af te begin rondkyk.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Boogskutters is in die luim vir reis en avontuur, terwyl die nuwemaan jul ontdekkingsone aanvuur. Mercurius beweeg ook reguit; maak dus gereed om so gou moontlik 'n reis na 'n spesiale plek te onderneem.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Die nuwemaan moedig jou aan om 'n belangrike intieme verhouding te herskep. As jy negatiewe gewoontes gekweek het, is dit tyd om na meer positiewe gedragspatrone oor te skakel.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Ervaar jy probleme met jou maat? Of is 'n intieme verhouding ietwat onder stremming? Die nuwemaan sorg vir 'n goue geleentheid om dinge reg te maak en 'n vars perspektief te kry.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Die nuwemaan is die ideale tyd om 'n gebruikersvriendelike daaglikse roetine te skep. Wanneer die nie-onderhandelbare take uit die weg geruim is, sal jy baie meer tyd hê om die dinge te doen wat jy werklik geniet.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Die nuwemaan is in die Leeu - jou mede-vuurteken; dis dus tyd om sportief of net sosiaal te raak. Jy is op jou lawaaierige beste terwyl jy die weg aanwys. Maar jy moenie die gasvryheid misbruik deur alte baasspelerig te wees nie.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Bly jy uitstel, Bul? Is daar 'n lang lys moet-doen-take om die huis wat jy aanhoudend uitstel? Die nuwemaan moedig jou aan om jou moue op te rol en aan die werk te spring.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Voel dit asof een van jou verhoudings in selfstuur-modus is? Die nuwemaan moedig jou aan om vars nuwe maniere te kry om met die mense om jou kontak te maak. Tuis, by die werk en in jou plaaslike gemeenskap.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Jy is gretig om jou voorkoms te verbeter aangesien die nuwemaan jou selfdunksone stimuleer. Geniet dit om jou uiterlike voorkoms by te bring, maar onthou dat ware skoonheid van binne kom.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















