Sterre

Jou sterre vir Donderdag, 13 Junie 2019

JOU DAG

Vandag is geluk aan die kant van diegene wat reguit en dapper is.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is 'n kreatiewe en rustelose siel. Jy moet die komende jaar daarna mik om 'n bietjie tyd op 'n eksotiese en avontuurlike plek deur te bring.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Lol jou geldsake? Met die magtige Mars wat jou geldsone aktiveer, is dit tyd om vas te byt en eindelik 'n frustrerende finansiële probleem op te los. Smee die yster terwyl dit warm is!

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

'n Huidige persoonlike projek voel soos karma. Ten spyte van 'n paar uitdagings moet jy proaktief bly en vorentoe beur. Om in 'n Kreef-systapmodus terug te val is tans net nie 'n lewensvatbare opsie nie.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Dit lyk of dinge op die oomblik baie stadig vorder, maar daar is heelwat positiewe projekte aan die ontwikkel agter die skerms. Dit is dus tyd vir slim Leeus om super geduldig en ekstra volhardend te wees.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Wat jou visie vir die toekoms betref, is jy nie dalk alte versigtig en verstandig nie, Maagd? Mars druk jou om meer reguit, dapper en proaktief te raak met die soeke na jou ware roeping.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Weegskale is besonder beraadslagend en samewerkend. Maar die huidige planetêre patrone handel uitsluitlik oor die vorming van 'n splinternuwe paadjie op jou eie - veral by die werk. Moed en aksie sal jou ver bring.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Wees proaktief en kreatief met jou vriendskappe, sosiale kringe en internasionale kontakte. Jy sal sien hoe meer jy aandag aan oorsese vriendskappe skenk, hoe meer geleenthede kom jou kant toe.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Motivering en verbeelding sal jou vandag ver bring aangesien jy 'n huidige probleem met ekstra sorg en deernis ondersoek. Onthou - die beste oplossing is nie noodwendig die voor die hand liggendste een nie.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Karma roep wat 'n intieme verhouding betref. Jou lotsbestemming is beslis saam met hierdie persoon ingeweef; doen dus jou bes om die vennootskap in 'n positiewe nuwe rigting aan die gang te kry.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Jou slagspreuk vir vandag kom van Oprah Winfrey wat ook onder die teken van die Waterdraer gebore is. "Elkeen het 'n roeping. En jou grootste doel in die lewe is om vas te stel wat dit is, en om jou bes te doen om dit gestand te doen."

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Wat vriende, kinders en kreatiwiteit betref, word jy tans deur toevallighede omring, Visse. Dit is dus tyd om uit te reik en jou roeping met albei hande aan te gryp. Moenie uitstel nie.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Jou heerser, Mars, skakel met die bestemmingspunt op jou kaart. Dit is dus tyd om 'n beslissende skuif te maak. Hoe proaktiewer jy raak, hoe opwindender en suksesvoller sal die resultaat wees.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Dis tyd om uit jou gemaksone te klim en 'n dapper nuwe rigting in te slaan. Reis of studie word beklemtoon terwyl jy jou voorberei om 'n fisiese of verbeeldingsreis te onderneem. Bon Voyage!

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM