Sterre

Jou sterre vir Donderdag, 15 Augustus 2019

JOU DAG

Doen iets anders terwyl die Volmaan die Waterdraer verlig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy floreer daarop om eise te stel en besluite te neem. Hou in die komende jaar jou stresvlakke dop, en wees meer gevoelig vir ander mense se behoeftes.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Is daar 'n toutrekkery tussen jou en 'n geliefde? Soek jy meer vryheid, terwyl hy/sy verlang na meer aandag van jou kant af? Die enigste oplossing is om toegewings te maak en hom/haar halfpad tegemoet te kom.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Verwag die onverwagte. Veral wat persoonlike projekte, kollegas of huishoudelike sake betref. Jy sal sien dat, hoe meer jy situasies probeer beheer, hoe meer chaoties raak die volgende 24 uur.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Jy soek stabiliteit, maar dit is die laaste ding wat jy by jou geliefdes gaan kry, as gevolg van die dolle volmaan. 'n Doelwit of droom is ook onseker, terwyl jy by snel veranderende omstandighede aanpas.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Verwag vandag effense spanning tussen jou professionele en persoonlike lewens, terwyl jy werkverantwoordelikhede en gesinsake aanroer, en probeer om almal gelukkig te hou. Pas jou aan en hou aan met glimlag, Skerpioen!

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Jy is gretig om vandag met 'n wye verskeidenheid van mense kontak te maak, aangesien die volmaan jou kommunikasiesone aktiveer. Streef ook daarna om jou toekomsverwagtinge so gefokus as moontlik te hou.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Tans is daar geen manier waarop jy finansiële bekommernisse kan ontduik nie. Ander mense mag jou dalk aanmoedig om kanse te neem met jou hard verdiende kontant. Maar 'n versigtige en konserwatiewe Steenbok-benadering is die veiligste pad om te volg.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Die volmaan - in jou teken - versterk jou spontane en roekelose geaardheid. Maar te veel haas kan lei tot 'n argument of 'n ongeluk. Verlaag dus jou spoed en markeer jou pas vandag, Waterdraer.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Die volmaan stimuleer jou spirituele sone. Bring dus 'n bietjie gehaltetyd alleen deur waar jy kan mediteer, oorweeg en peins oor waarheen jy op pad is, en waar jy vandaan kom.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Ramme is sosiale skepsels, en jou huidige portuurgroep is onseker. Vandag - as gevolg van die volmaan - kan 'n vriendskap skielik verbrokkel. Of 'n nuwe een kan op 'n onverwagse manier ontwikkel.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Benut jy tans die professionele geleenthede om jou ten beste? Die volmaan verlig jou beroepsone, so strewe daarna om aan ander mense te toon waartoe jy werklik in staat is.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Die volmaan vuur jou kommunikasiesone aan, dus moet jy nie aanneem dat jy weet wat ander mense dink nie. Jy is waarskynlik heeltemal verkeerd. As jy onseker is, moet jy nie huiwer om om 'n verduideliking te vra nie.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Jy sal, as gevolg van die volmaan fisies en emosioneel ongerus voel oor die volgende 24 uur. En 'n finansiële situasie of 'n sakekwessie kan dalk afwyk in 'n heeltemal onverwagte koers.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM