Sterre

Jou sterre vir Donderdag, 2 Mei 2019

JOU DAG

Daar mag dalk effense konflik voorkom tussen idealisme en realisme.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het 'n perfeksionistiese streep en hou daarvan om dinge gedoen te kry. Die volgende 12 maande is die tyd om heelwat minder te stres en baie meer te ontspan.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Jy is in die bui om te studeer en te leer, maar moenie vandag tot vinnige, halfgebakte gevolgtrekkings kom nie, Bulle. Moenie dadelik tot aksie oorgaan nie. Deurdink liewer eers dinge voordat jy 'n groot skuif maak.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Geldsake lyk vandag moeilik, Tweeling, aangesien ekstra uitgawes of krake in 'n finansiële vennootskap verskyn. As jy nie self dinge kan uitsorteer nie, kry 'n professionele persoon wat kan.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Verwag effense spanning tussen professionele en verhoudingsverantwoordelikhede. Om jou standpunte op ander te probeer afdwing, gaan tans nie werk nie. Jy sal sien dat koel toegewings die sleutel is.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Indien jy probleme ervaar met 'n student, klasmaat, kliënt, kollega of klant, moet jy 'n meer kreatiewe benadering probeer. As jy voortgaan met doen wat jy doen, sal jy net aanmekaar dieselfde resultate kry!

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Saturnus beweeg stadig deur jou selfuitdrukkingsone, dus gee jou kreatiewe uitsette een tree vorentoe en twee treë terug. Moenie stres nie, Maagd. Dit is nou die tyd om te kyk, op te volg, na te vors en te hersien.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

'n Intieme verhouding met 'n geliefde raak vandag baie ingewikkeld, Weegskaal, aangesien nie een van julle heeltemal seker is waar julle staan nie. Om hierdie een uit te sorteer, sal julle prakties en deernisvol moet wees.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Wat jou daaglikse roetine betref, mag effense verstellings nodig wees om jou weer op dreef te kry. Jy moet, in 'n sensitiewe situasie waar 'n vriend of kollega betrokke is, probeer om die olyftakkie van vrede uit te hou.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Wat 'n finansiële vennootskap of 'n intieme vriendskap betref, sal kommunikasie moeilik wees, aangesien jy gefrustreerd voel oor 'n persoon of situasie. So probeer om nie berge van molshope te maak nie!

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Dit mag vandag voel asof die wêreld se bekommernisse almal op jou gepak word. Moet dus nie dinge vererger deur oorkrities te wees nie, Steenbok. Probeer liewer om diegene om jou te prys en aan te moedig.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Jy wil graag terugkruip in jou eie fantasiewêreld, en is gretig om aan probleme te ontsnap en die dag om te droom. Maar 'n familielid mag jou dalk terugbring aarde toe met 'n onwelkome ontnugtering.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Wees vandag versigtig oor die manier waarop jy met ander mense kommunikeer, Visse. As jy vinnige gevolgtrekkings maak, kan jy 'n paar ernstige gevolge verwag, aangesien Saturnus besig is om jou vermoë om ferm en gefokus te wees, te toets.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Met die Maan wat vandag deur die haastige Ram beweeg, is jy gretig om 'n blitsige besluit te neem - veral wat 'n persoonlike kwessie betref. Maar moenie alte vurig en haastig raak met ander mense nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM