Sterre

Jou sterre vir Donderdag, 20 Junie 2019

JOU DAG

Mars en Pluto bots vandag; probeer kophou.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander voel aangetrokke tot jou charismatiese persoonlikheid. Moenie jou gevoelens onderdruk nie. 2019 is die jaar vir vergewe en vergeet.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Mars en Pluto kan aanmatigende en stryerige gedrag by ander aanwakker, en dit kan dalk op jou gerig word. Is dit nie tyd om aan ander te wys dat 'n Tweelinge hulself kan verdedig nie?

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Jy is in die bui om, met heelwat praktiese hulp en ekstra steun, ander te versorg. Trap versigtig met 'n gefrustreerde geliefde wat super gespanne is en kan dink jy is baasspelerig.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Die moeilike Mars/Pluto-opposisie maak jou meer doelgerig as gewoonlik. Maar daar is 'n fyn skeidslyn tussen volharding en blote opdringerigheid. Koel toegewings is die sleutel tot 'n dramavrye dag.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Dit is 'n goeie tyd om jou talente in praktiese strewes soos kosmaak, handwerk, versiering, tuinmaak of selfdoenprojekte in te span. Meer steek in 'n ingewikkelde huidige situasie as wat die oog kan sien.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Verwag 'n bietjie spanning tussen werkvereistes en gesinsverantwoordelikhede. En moenie aanneem dat ander weet wat jy wil hê nie. Jy sal selfversekerd moet wees en vir hulle moet sê wat jy op die hart het.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Die Mars/Pluto-aspekte aktiveer jou hardkoppige sy, terwyl jy opgewonde raak oor dinge waaroor jy geen beheer het nie.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Vandag sal jy lus voel om dinge van jou hart af te kry deur middel van 'n ernstige gesprek met 'n gesinslid. Maar verhoudings en geldsake is tans 'n ingewikkelde kombinasie; probeer dus om die twee uitmekaar te hou.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Versteur 'n brose familielid jou huishoudelike vrede? Dit is tyd om af te koel. Kalm kommunikasie sal jou vandag verder bring as kragspeletjies en vurige uitbarstings.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Ervaar jy konflik oor jou toekoms? Jou huidige motto kom van Nicole Kidman, wat vandag verjaar: "As jy die behoefte laat vaar om jou toekoms te beheer, kan jy meer geluk hê."

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Jy is op 'n vinniger pas as waarby ander kan byhou. Die planete moedig jou aan om rustig te raak en deegliker te wees. 'n Gekoesterde droom kan op die een of ander manier gedwarsboom of vertraag word.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Jy druk vir resultate, maar as jy probeer om ander tot oorgawe te stoomroller, sal jy jouself net teen weerstand en heelwat probleme vasloop. Streef daarna om meer konsulterend en inklusief te wees.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Om intiem en persoonlik te raak met geliefdes, hou voordele in en jy is vasbeslote om jou mening te lug. Sommige is gretig om te hoor wat jy te sê het, maar ander sal nie jou standpunte waardeer nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM