Sterre

Jou sterre vir Donderdag, 20 September 2018

JOU DAG

Jy kan 'n dramatiese en taamlik ontwrigtende dag verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is 'n uitgeslape en georganiseerde mens. Moenie huiwer om van koers te verander as jy besef jy stuur op die verkeerde rigting af nie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag se maan/Uranus/Mars-verbinding kan moeilikheid voorspel. Veral as jy jou impulsiewe sy toelaat om oor te neem. Koel af en raak rustig voor jy jou humeur verloor.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dramas is vandag waarskynlik, tensy jy super aanpasbaar kan wees en kalm bly. 'n Kollega, klant of kliënt voel vurig en ontsteld. Moenie negatiewe kommentaar persoonlik opneem nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

As jy vandag met die skoonfamilie, opvoedingsake, reisbesonderhede of internasionale kontakte te doen kry, maak seker jy neem jou tyd. En vermy die versoeking om vinnige afleidings te maak.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Gee aandag aan verhoudings met mense wat jou verwagtings en drome vir die toekoms aanmoedig. Geldsake is in 'n toestand van verandering. Moenie nou belangrike finansiële besluite neem nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Weerstaan die drang om vandag 'n ontwrigtende invloed tuis of by die werk te wees. Mik liewer daarna om slim en strategies te wees. Wat jy sê het 'n invloed op ander; kies dus jou woorde wys.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

As jy presies sê wat jy dink, kan jy ander mense onbewustelik aanstoot gee. Dink vandag mooi voor jy iets sê. As jy twyfel, snoer jou mond en sê so min moontlik.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Vandag se planetêre patrone dui op pret saam met geliefdes. Maar 'n kind, tiener of intieme vriend kan jou dalk met woedeuitbarstings, onvoorspelbare buie of onnosel keuses verras.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Sterk gevoelens kan vandag te voorskyn kom aangesien ander jou emosionele knoppies druk en jy oorreageer. Koel af, anders loop jy die risiko om 'n berg van 'n molshoop te maak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy voel rusteloos en kommunikasie kan vandag skeefloop omdat jy vinnige gevolgtrekkings maak. Moenie vinnig kommentaar in die sosiale media deel wat jy later sal berou nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Vandag se sterre moedig impulsiewe inkopies en die neem van vinnige besluite oor geldsake aan. Voor jy iets koop moet jy eers dink of jy dit werklik nodig het. As die antwoord nee is, moet jy dit daar laat.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jou rustelose, rebelse sy kan vandag probleme veroorsaak, veral met 'n gesinslid of huismaat. Probeer om van oortollige energie ontslae te raak deur te stap, draf, hardloop, fiets te ry of te swem.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Hoe meer passie en fokus jy in jou verwagtings en doelwitte vir die toekoms plaas, hoe meer waarskynlik sal dit bewaarheid word. Maar dit sal heelwat tyd en geduld neem voor dit eindelik goeie vrugte afwerp.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM