JOU DAG
Jy word 'n wonderlike wintersonstilstand toegewens.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jou huidige motto kom van prins William, wat vandag 36 jaar oud word: "My leidende beginsels in die lewe is eerlikheid, opregtheid, bedagsaamheid en omgee."
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Geniet dit om bande te smee met jou gesin en intieme vriende, maar vermy inmenging en baasspelerigheid. Soms moet geliefdes hul eie foute op hul eie, unieke manier maak.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
As jy vandag met 'n probleem worstel sal jy besef 'n kombinasie van jou hart en verstand verrig wondere. Raak kreatief wat die bestuur van geldsake en gesamentlike finansies betref.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Fokus op jou verhouding met 'n kollega en kommunikeer oor huidige kwessies. Gebruik jou intuïsie om jou aandag toe te spits op hoe jy regtig voel.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Om op die hoogte te kom met 'n persoonlike projek is vandag 'n prioriteit. Dit is 'n goeie tyd om kreatiewe visualisering te gebruik om jou doelwitte en strewes vir die toekoms te herformuleer.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Een deel van jou wil graag sosiaal wees en die wêreld aanvat, terwyl die ander deel na 'n bietjie vrede, stilte en privaatheid smag. Die oplossing? Wees goed gebalanseerd en doen albei.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Maagde gedy op die feit dat hulle bekwaam en selfversorgend is, maar moet jou nie te veel isoleer van die mense om jou nie. Vra hulp as jy dit regtig nodig kry; ander help graag.
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
'n Persoonlike of professionele verhouding word beklemtoon en jy kommunikeer op 'n sensitiewe en liefdevolle manier. Wanneer jy jou in die ander mens se skoene plaas, sal jy weet wat om te sê.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Jy het vandag 'n keuse. Jy kan supermagtig en oortuigend wees of kompulsief en beherend. Streef daarna om jou energie op positiewe en proaktiewe maniere te gebruik.
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Aanvaar vandag huishoudelike pligte met 'n gewillige glimlag. 'n Geliefde kan jou vir 'n paar tydige woorde van wysheid nader. As jy na die stemmetjie in jou binneste luister, sal jy die regte raad gee.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Wees versigtig oor die manier waarop jy vandag oor 'n sensitiewe kwessie kommunikeer. Moenie aanvegbare kommentaar lewer nie en probeer liewer ekstra simpatie en begrip toon.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Wat 'n finansiële saak, kwessie by die werk of gesondheidsprobleem betref, sal jy besef 'n kreatiewe en intuïtiewe benadering werk die beste. Maak seker jy skakel in by die stemmetjie in jou binneste.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Die Mercurius/Neptunus-verband is uitstekend vir kreatiewe projekte, spirituele soektogte en om ander mense te help. Jou verbeelding is aan die brand en jy gebruik 'n gedeelte van die dag om jou aan 'n heerlike dagdroom oor te gee.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.
















