Sterre

Jou sterre vir Donderdag, 29 Augustus 2019

JOU DAG

Maak vandag seker dat jy aandag gee aan die fyner besonderhede.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dinge werk goed vir jou in die materiële wêreld. Oor die volgende 12 maande moet jy meer tyd daaraan wy om jou geestelike sy te verken, terwyl jy leer om jou intuïsie te vertrou.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Jou Maagd-multitaak-vaardighede is aan die brand terwyl Mercurius by die Son, Venus en Mars aansluit in jou teken. As jy nou noukeurige aandag skenk aan fyner besonderhede, sal jy lateraan die vrugte pluk.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Mercurius skuif tot in jou afsonderingsone. Jy moet dus stadig oor die klippe gaan en 'n bietjie gehaltetyd saam met 'n baie spesiale persoon - jouself - deurbring. Gee ook noukeurig aandag aan die boodskappe in jou drome.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Mercurius beweeg tot in jou netwerksone. Jy is dus sosiaal op jou best stukke terwyl jy klets en sirkuleer; meng en inskakel - persoonlik, sowel as aanlyn. Bly ook in aanraking met jou uitgebreide familielede.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Die Son, Venus, Mars en Mercurius versterk jou professionele selfvertroue en help jou om ekstra positief te voel oor die toekoms. Netwerkvorming met kollegas sal jou beloon, solank jy geduldig bly.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Mercurius skuif tot in jou reissone, so dit is tyd om met jou oorsese kontakte te kommunikeer. As jy die Steenbok-sjarme aanvuur, sal jy 'n paar nuttige langtermynkontakte raakloop.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Bekyk jou geldsake van naderby en vind maniere om kragte saam te span met ander menser, om sodoende positiewe resultate te verseker. Die beste beleid om te volg is om te luister na goeie raad, terwyl jy daaraan werk om oorvloed te bewerkstellig.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Met Mercurius wat tot in jou verhoudingsone beweeg, is dit die perfekte tyd om met jou maat te gesels oor sy/haar behoeftes en wense. Enkellopende Visse - soek liefde by 'n Kreef wat omgee of 'n sagmoedige Bul.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Mercurius sluit in jou werksone aan by die Son, Venus en Mars. Probeer dus om meer kreatief, kommunikerend, samewerkend en versigtig te wees by die werk. Indien jy take afjaag, sal jy morsige foute maak.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Met die nuuskierige Mercurius wat tot in jou vermaaklikheidsone beweeg, is dit tyd om 'n ou stokperdjie te hervat of met 'n nuwe een te begin. Geniet ook 'n paar lewendige gesprekke met 'n kind, tiener of intieme vriend.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Mercurius beweeg tot in jou tuistesone, so sit heelwat tyd opsy om saam met geliefdes deur te bring. Jy is gretig om te sê wat jy dink, maar weerstaan die neiging om te oordryf. Hou by die feite.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Krewe is reg om te klets! Jy is gretig om jou idees uit te druk en heelwat stimulerende gesprekke met interessante mense te geniet, aangesien Mercurius tot in jou kommunikasiesone beweeg.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Daar bestaan 'n neiging om te veel geld uit te gee, aangesien jou wenslysie groter is as jou bankbalans. Mercurius moedig jou aan om finansieel heelwat meer geletterd te raak. Onthou, kennis is mag.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM