Sterre

Jou sterre vir Donderdag, 5 September 2019

JOU DAG

Vandag sal dissipline en harde werk jou ver bring.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is 'n romantiese siel en is groot pret om mee saam te wees. Die volgende 12 maande moet jy probeer om meer sensitief teenoor die gevoelens van geliefdes te wees.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Jy is op jou stukke as veelsydige Maagd terwyl die sterre jou breinkrag en pynlike aandag aan detail aanspoor. Dit is tyd om deur papierwerk te ploeg, navorsing te doen, werk na te gaan en projekte te hersien.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Moenie 'n vaal toeskouer wees nie. Saturnus moedig jou aan om harder te werk en aan ander te wys waartoe jy werklik in staat is. Selfvertroue is die brandstof om jou êrens te bring.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Jy is gretig om vinnig vordering te maak met 'n werkaangeleentheid, 'n opvoedingsprojek of 'n veldtog in die sosiale media. Verminder jou spoed en maak seker jy doen jou huiswerk. Bly geduldig en volhard.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Die planete aktiveer jou avontuurlike en ambisieuse sy. Raak rustiger voor jy teëspoed kry. Saturnus, die opdraggewer, moedig jou aan om jou geesdriftige idees met 'n praktiese plan te steun.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Die Mercurius/Saturnus-patroon is wonderlik om kreatiewe idees in praktiese en produktiewe projekte te omskep. Dit sal harde werk kos en heelwat tyd verg, maar dit is die moeite werd.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Moenie aannames maak nie. Heelwat gebeur agter die skerms waarvan jy nie bewus is nie. Saturnus moedig jou aan om jou tyd te gebruik om dinge deeglik na te vors voor jy 'n besluit neem.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Dit is tyd om intiem persoonlik te raak met geliefdes. Moenie 'n passiewe Vis wees nie. Die huidige sleutel tot positiewe vennootskappe is om proaktief te wees met die oplos van probleme.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Moenie 'n windlawaai wees nie. Terwyl jy goed is om projekte aan die gang te kry, moet jy seker maak jy voer jou beloftes en goeie bedoelings deur sodat jy werklik kan voltooi wat jy begin het.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Moenie net rondsit en wag vir 'n skielike verandering in jou lewe en vir jou geluk om wonderbaarlik te verbeter nie. Die praktiese, volhardende Saturnus druk jou om moue op te rol en aan die werk te spring.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Kommunikeer vandag op 'n realistiese en praktiese manier. Wanneer jy met 'n brose gesinslid te doen het, sal jy sien dat 'n bietjie heuning om die mond sal help om jou boodskap op 'n positiewer manier oor te dra.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Wat 'n intieme verhouding betref, moet jy probeer om nie oorhaastige gevolgtrekkings te maak nie. Dinge is ingewikkeld en die idioom stille waters diepe grond geld. Hoe versigtiger jy kommunikeer, hoe beter sal die resultate wees.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Die sterre beklemtoon gesondheidskwessies - hou op om doodluiters voort te ploeter. Dit is dalk tyd om 'n bietjie ekstra hulp en raad in te roep terwyl jy jou daaglikse dieet hersien en oefenprogram herstruktureer.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM