JOU DAG
Kombineer praktiese vaardighede met die benadering ‘stadig oor die klippe'.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is daartoe verbind om vooruitgang te maak, maar jy gaan vinniger vorder as jy nie hardkoppig is nie. Maak in die komende jaar tyd vir 'n paar welverdiende ruskanse.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Hou op om soos 'n afkophoender rond te hardloop en fokus daarop om 'n prikkelbare vriendskapskwessie op te los. Duidelike kommunikasie en goeie luistervermoëns sal dinge laat vlot.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Die Bul-maan verbind met Neptunus. Om prakties en innemend te wees, sal jou vandag ver bring. As jy 'n moeilike besluit moet neem, luister na die wysheid van die stemmetjie in jou binneste.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Die maan is vandag in die Bul en jy kan heelwat by jou sterretekenbuurman leer: soos om minder haastig te wees en meer hardwerkend; en minder uit te stel en meer produktief te raak.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Jy het die vermoë om ander mense op verrykende maniere te beïnvloed en te leer. Hoe meer jy kollegas en vriende prys en aanmoedig, hoe meer positief en produktief gaan julle almal voel. Lei deur die voorbeeld wat jy stel.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Skenk so gou moontlik aandag aan werkkwessies en gewone huistakies. Dan sal jy tyd hê vir die dinge wat jy regtig graag wil doen. Hoe meer georganiseerd jy is, hoe meer gaan jy vermag.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Met die maan in jou mede-grondteken, die Bul, is jou aandag aan detail beter as gewoonlik. Enige werk wat jy doen, sal van 'n hoë peil wees aangesien ander mense orent sit en jou talente raaksien.
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Die Bul-maan help ander om jou op 'n meer realistiese manier te beskou. Gesamentlike ondernemings en navorsingsprojekte word vandag beklemtoon, terwyl jy dinge op 'n versigtige en kreatiewe manier aanpak.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Jy kan heelwat telefoonoproepe, e-posse, boodskappe, twiets of landpos verwag - veral van geliefdes. Streef daarna om 'n oënskynlike kommunikasieprobleem op 'n praktiese en opmerklike manier te hanteer.
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Hoe meer jy aktiwiteite afjaag, hoe meer oorweldigend gaan die dag wees. Die Bul-maan moedig jou aan om roetinetakies meer metodies te benader, een bestendige tree op 'n keer.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Kreatiewe projekte, stokperdjies en sportaktiwiteite lyk gunstig terwyl die Bul-maan jou motivering verhoog om dinge af te handel. Benut die bestendige energie-aansporing ten beste terwyl jy kan.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Moenie tyd mors deur ongeorganiseerd te wees nie. Hoe meer prakties en gedissiplineerd jy is, hoe beter gaan die resultate wees. Dit is 'n goeie dag om geliefdes te vertroetel en deur die internet met kollegas kontak te maak.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Die Bul-maan help om jou wispelturige gevoelens te vestig. As jy voor 'n groep mense moet praat, maak seker jy het iets belangriks, en wat goed voorberei is, om te sê.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.
















