JOU DAG
Daar is 'n vurige Boogskutter-volmaan; energie is volop en geduld skaars.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy het oorredingsvermoë. Jou drome sal vinniger bewaarheid word as jy minder tyd mors deur te stres en meer tyd gebruik om te ontspan.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Die strale van die volmaan val op jou verhoudingsone; dus moet jy gehaltetyd saam met jou geliefdes deurbring. Verhoudings lyk nogal ingewikkeld aangesien jy tekens verkeerd lees of motiewe verkeerd verstaan.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Die volmaan aktiveer jou sones vir werk en daaglikse bedrywighede; dus is die kans goed dat jy tot middernag sal werk. Raak rustig, anders kan stres jou gesondheid knou.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Die volmaan verlig jou onthaalsone. Dit is die regte tyd om partytjie te hou, te gaan fliek, 'n konsert by te woon of tuis te onthaal. Wat 'n kind of vriend betref, maak jy dalk ongegronde gevolgtrekkings.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Die klem val op die huis en loopbaan. Jy moet die balans vind tussen huislike pligte en professionele projekte. Moenie aanneem jy weet wat een van jou geliefdes dink of voel nie. Neem tyd om dubbel seker te maak.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Kommunikasie met ander is die sleutel tot 'n opwindende en bevredigende dag. Moenie meegevoer raak en jou vermoë om by te dra, oorskat nie. Dis beter om te min te beloof en te veel te lewer.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Die volmaan gooi 'n kollig op geldsake en selfagting. Vertrou jou innerlike waarde. En sorg dat jy nie aangetrokke raak tot iemand se voorkoms of materiële besittings nie.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Boogskutter, die volmaan aktiveer jou teken; dus word jou positiewe eienskappe vergroot. En so ook die negatiewes. Streef daarna om spontaan te wees eerder as baasspelerig en traak-my-nie-agtig.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Dis hoog tyd dat jy 'n slag jou loopbaan opsy skuif en na binne kyk. Dit is die ideale tyd vir rustige nadenke terwyl jy met jou innerlike kommunikeer en om leiding uit daardie rigting te kry.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Jou onafhanklike, rebelse gees word vandag gestimuleer aangesien jy avontuurlik voel en presies die teenoorgestelde doen van wat van jou verwag word. Ander kan geskok wees, maar jy moet doen wat vir jou reg voel.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Verveel jou werk jou? Pasop vir wat jy begeer. Die volmaan verlig jou loopbaansone; dus is ambisieuse strewes heeltemal in orde, maar jy moet jou voete stewig op die aarde hou.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Die volmaan moedig jou aan om die lewe op 'n avontuurliker en meer filosofiese wyse te benader. Maar jy kan verward raak oor 'n huidige kwessie aangesien te veel opsies jou oordeelsvermoë benewel.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Verbonde Bulle, die volmaan versterk jou intimiteitsone; dus kan dinge warm raak. Enkellopendes, hoewel jy haastig is om 'n betroubare maat te vind, sal jy bloot geduldig moet wees.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















