JOU DAG
Sommige mense sal vandag emosioneel teruggetrokke wees.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is ongelooflik vasberade. Maak net seker dat wat jy ook al navolg, die regte ding vir jou is. Hier en dadelik.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Die planetêre aspekte gee jou rustelose Ram-geaardheid 'n hupstoot. Jou passie is beslis om projekte aan die gang te sit. Al wat jy nodig het is die uithouvermoë om dit enduit klaar te maak, veral by die werk.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Daar is 'n skakel tussen die liefde en optimisme terwyl jy met 'n positiewe en proaktiewe benadering deur 'n verhoudingsprobleem werk. Enkellopende bulle - daar's 'n verband tussen die liefde en reis. Begin dus so gou moontlik jou volgende reis beplan.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Jy sal vandag 'n dubbele slag slaan as jy jou vermoë om probleme op te los met kreatiewe denke meng. Wat gesamentlike geldsake betref, is dinge meer ingewikkeld as wat dit op die oog af lyk.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Hoe kreatiewer jy kommunikeer, en hoe meer jy netwerke met jou familie en vriende vorm, hoe beter sal die dag wees. Maar moenie toelaat dat onlogiese obsessies jou Krap-oordeelsvermoë versuur nie.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Verhoudings en gesinskwessies word vandag beklemtoon. Die Maan gee jou intuïsie 'n hupstoot. Mars maak jou dapperder as gewoonlik en Saturnus sorg dat dinge op 'n redelik sinvolle manier vorder.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Dit kan voel asof 'n ou vriendskap agteruitgaan, maar dit betree slegs 'n splinternuwe fase. Moenie bekommerd wees nie. As jy aanpasbaar en geduldig is, sal dinge gou weer na normaal terugkeer.
WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.
Hoe meer gemotiveerd en georganiseerd jy is - tuis of by die werk - hoe vrugbaarder sal die dag wees. Maar moenie onvoorspelbare geldskuiwe maak wat later onverwags kan boemerang nie.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
'n Intieme verhouding kan vandag 'n onverwagte koers inslaan. Of 'n situasie by die huis kan plofbaar raak. Jou flink, diplomatiese Skerpioen-vaardighede sal dus ingespan moet word om onstuimige waters tot bedaring te bring.
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Vandag is daar 'n fyn lyntjie tussen spontaniteit en sukses - en tussen haas en roekeloosheid. Enkellopende Boogskutter - soek liefde by iemand wat kan help om jou verwonde hart heel te maak.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Vandag se sterre krap jou Steenbok-gemaksone deurmekaar. En dis 'n goeie ding, want dit dwing jou om 'n situasie uit 'n heeltemal ander oogpunt te beskou. Dan kan jy iets positiefs daaromtrent doen.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Jy's in 'n roekelose Waterdraer-bui, want jy hou aan om mense die josie in te maak. Maak net seker dat jy nie vandag brûe verbrand nie. Probeer om dinge op 'n subtieler manier deurmekaar te krap.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Jou planne word deurmekaar geroer en geskud, dus kan jy jou klaarmaak vir 'n verrassende dag, Visse. Die planetêre patrone motiveer jou ook om jou moue op te rol en van agter die skerms aan 'n projek te begin werk.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.
















