JOU DAG
Die son/Mars-verbinding moedig kreatiwiteit en spontaniteit aan.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is 'n eerlike siel, sonder aanmatiging. Oktober en Desember is die beste maande vir liefde, romanse en samesyn.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Die son en Mars verbind in jou teken, en dit moedig jou aan om die veelsydige, lewenslustige en gemotiveerde Maagd te wees wat jy bestem is om te wees. Dit is tyd om aan die gang te kom en die daad by die woord te voeg.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Is jou huislewe in 'n gemors? Moenie jou kop in die sand steek nie. Gebruik jou verbeelding om kreatiewe oplossings te vind. Pret saam met die gesin is 'n goeie begin.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Pasop dat kletspraatjies en onbenullige kwessies nie jou aandag weglei van opwindende, groot gebeurlikhede wat by die werk, skool of kollege aan't broei is nie. Bly gefokus op jou doelwitte vir die toekoms.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Vandag se sterre is gunstig vir studie en reis, en ook vir die aanvoor van innoverende idees en opwindende gesamentlike waagstukke. Wees versigtig dat jy nie jou huidige vermoë om ander mense te help, oorskat nie.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Wat 'n probleem betref, moet jy die situasie uit 'n kreatiewe hoek beskou. As jy jou verhouding met 'n vriend of familielid wil verbeter, moet jy probeer om hulle meer vryheid te gee.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Moenie toelaat dat jou aandag vandag afgelei word nie. Jou huidige motto kom van die akteur Keanu Reeves, wat vandag verjaar: "Jy kan ver kom as jy net aandag gee aan die dinge rondom jou."
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Die son en Mars verbind en dit versterk jou energie. Motivering is volop; jy kan 'n verhouding aan die gang sit, by die werk die pad aanwys of 'n droom verwesenlik.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Vandag se spontane sterre vererger jou rustelose sy en onafhanklike streep. Reis en kommunikasie lyk gunstig terwyl jy in verbinding kom met vriende van naby en ver.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Jy kan 'n gesellige dag verwag, want jy sal in verbinding kom met 'n verskeidenheid van mense. Die son en die impulsiewe Mars aktiveer jou romansesone; dus sal 'n klompie gelukkige Bulle skielik verlief raak.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Vandag se sterre is ten gunste daarvan dat jy dinge vinnig doen terwyl jy soos 'n kenner verskillende take gelyk uitvoer, aan sport deelneem, reis, onderrig gee of kuier. Hou jou voete op die aarde. En moenie net praat en niks doen nie.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Daar kan verrassings tuis of by die werk wees. 'n Lid van die gesin of 'n kollega maak dalk 'n onvoorspelbare skuif. Buigsaamheid is die sleutel tot 'n rustige en stresvrye dag.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Mars verbind met die son, jou heerser; dus loop motivering hoog en jou verbeelding word aangevuur. Dit is tyd om kreatief en proaktief te wees terwyl jy 'n vars oplossing vir 'n ou probleem uitdink.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















