JOU DAG
Soek vandag opwindende vriende en verskillende vorme van vermaak op.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is opmerksaam en streng en jou denkwyse is oorspronklik. Maar jy het ook 'n buierige sy. Probeer in die komende jaar meer ontspan en bekommer jou minder.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Jupiter krap jou rustelose geaardheid deurmekaar en verkort jou aandagspan. Verbeter jou roetine en hou jou gedagtes besig. Wees aktief en bring tyd in die buitelug deur.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
'n Kollega of geliefde het vandag hulp nodig, maar moenie hardkoppig wees nie. Ouderwetse oplossings sal nie help nie. Bly ingelig ten opsigte van nuwerwetse maniere van probleemoplossing.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Slim, versigtige en weldeurdagte optrede word benodig wat sake- en geldkwessies betref. Maak seker jy doen genoeg navorsing en moenie haastige geldskuiwe maak wat jou later kan berou nie.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Moenie vandag 'n ingewikkelde situasie met 'n kind, tiener of vriend aanjaag nie. Jy kan dit berou as jy die eerste ding uitblaker wat in jou gedagtes opkom. Ontspan en deurdink dinge voor jy jou mond oopmaak.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Dinge sal vandag flink verloop as jy jou vurige energie onder beheer hou. Probeer om ander mense te inspireer en te motiveer, eerder as om hulle met baasspelerige gedrag en onredelike eise te vervreem.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Kommunikasie met 'n vriend of gesinslid is tans netelig. As jy daarop aandring om jou geliefdes te kritiseer, sal dit net dinge vererger. Probeer om vandag op die positiewe te fokus.
WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.
Moenie toelaat dat 'n vriend of kennis jou manipuleer terwyl hulle jou probeer oorreed om iets teen jou beterwete te doen nie. Wees sterk. En doen dit met 'n glimlag.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
'n Vriend of kollega kan jou vandag inligting gee wat jou kan help om uit 'n verknorsing te kom. Maar veg jy teen verandering en klou aan 'n geloof of houding vas waarvan die raklewe verby is?
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Jy is vandag sonder einde aangesien Jupiter jou passievolle en spontane kant versterk. Jy kan dinge beduiwel as jy te haastig en ongeduldig is. Raak rustig en kalmeer.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
'n Ingewikkelde situasie kan jou vandag van stryk bring. Ontspan. 'n Mens het nie beheer oor alles in die lewe nie. Probeer meer prettig en buigsaam wees en vloei saam met die stroom.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Jy sal vandag positiewe terugvoering kry as jy iets op 'n slim en kreatiewe manier in die sosiale media plaas. As jy aanvegbare kommentaar impulsief plaas, kan dinge boemerang.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Wens jy die dag was langer sodat jy die miljoene take kan aanpak wat wag? Vandag se sterre skud jou uit enige gevoel van selfgenoegsaamheid. Moenie roekeloos wees met geld nie.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.
















