GEDAGTE VIR DIE DAG
Dis 'n goeie dag om jou emosies op positiewe maniere vry te laat.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy's 'n dromer wat hou van pret maak. Oor die komende jaar moet jy poog om minder passief en aansienlik meer proaktief te wees.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Die positiewe Maan-Pluto-Mars-verbindings bevorder optrede volgens jou instinkte. Gebruik die tyd om oor 'n huidige situasie te besin en te peins, en dan toe te slaan! Voorspoed bevoordeel diegene wat dapper en braaf is.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Jy's in die bui om stil en peinsend te wees. Gee, indien die lewe alte bedrywig en veeleisend raak, aan rus en ontspanning voorrang deur 'n bietjie heerlike alleenheid op 'n spesiale plek geniet.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Alle soorte studie en kommunikasie word beklemtoon, en jy is gretig om iets nuuts te leer en dit met ander mense te deel. 'n Naweekwegbreek is ook moontlik, aangesien jou liefde vir reis gestimuleer word.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Moenie vandag op die kantlyn sit nie, Krappe. Dis tyd om vorentoe te tree - nie sywaarts nie - en die inisiatief te neem met kommunikasie. Ander mense sal jou ongewoon regstreekse benadering waardeer.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Jou bedrywige liggaam mag dalk vandag lus voel vir rus en herstel, maar jou gedagtes sal steeds besig wees. Dit is dus 'n goeie tyd om jou aktiewe verbeelding te gebruik om kreatiewe nuwe idees uit te dink.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Die sterre bevoordeel kameraadskap, kreatiwiteit, vriendskap, stokperdjies, onthaal en sosiale geleenthede. Gebruik ook sommer die geleentheid om jouself te bederf met sussende persoonlike vertroeteling.
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Hoe meer proaktief jy is, hoe beter sal die dag wees. Soek jy dalk werk? Moenie die groot verskeidenheid van kontakte wat jy in jou persoonlike en professionele kring het, afskryf nie.
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Die magtige Pluto gee aan jou verbeelding - en jou obsessiewe Skerpioenstreep - 'n hupstoot. Jy's in die bui om op jou gesin en vriende te konsentreer. Jy moet egter nie ander mense afskrik deur alte intens te wees nie!
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Die Maan en Venus besoek jou verhoudingsones, dus is dit tyd om ander mense eerste te stel. Die dag sal lonend wees indien jy jou energie daarop rig om ander mense te help.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Dis tyd dat Steenbokke aanstaltes maak om te begin! Hoe meer proaktief en positief jy is wat romanse, vriendskappe, familie en gesamentlike pogings betref, hoe meer bevredigend sal die resultate wees.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Die planete help om onstuimimge waters te laat bedaar in kwessies waarby 'n familielid, buurman of kollega betrokke is, dus sal kommunikasie makliker as gewoonlik wees. Boonop gee die magtige Mars aan jou selfvertroue 'n welkome hupstoot.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Daar broei veranderinge in jou plaaslike gemeenskap en dit mag lei tot 'n opwindende nuwe ontwikkeling. Jy voel rusteloos, maar jy moet onvoltooide take afhandel voordat jy iets nuuts aanpak.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















