GEDAGTE VIR DIE DAG
Verandering en verskeidenheid sal 'n sprankie opwinding aan jou dag toevoeg.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is geldslim en gemotiveerd ... en jy kan ook erg buierig wees! 2019 is die jaar om te leer ontspan.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Kreatiwiteit en geleerdheid word beklemtoon, terwyl jy uitdrukking gee aan jou kunstige sy of 'n ligflitsoomblik ervaar. Dinge sal nie vervelig wees wat persoonlike geldsake of gedeelde hulpbronne betref nie!
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Julle moenie in 'n vervelige ou groef bly vassteek nie, Bulle - dit maak nie saak hoe ontspanne en gemaklik dit voel nie. Die vonkelende Tweeling-Maan moedig julle aan om jul gewone Sondagroetine op te skommel.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Hoe meer kreatief en bekkig jy is wat kommunikasie betref - persoonlik, sowel as aanlyn - hoe beter sal die boodskap ontvang word. Die sosiale media is beslis vandag jou sterk punt, Tweeling!
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Persoon-tot-persoon-verhoudings sal ekstra lewendig wees, terwyl die mense om jou dit geniet om oor 'n wye reeks kwessies te debatteer, en kalm samewerking deur die venster vlieg. Jy sal dus op jou tone moet bly!
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Mercurius beweeg deur jul teken, dus doen Leeus verskeie dinge op een slag dat die biesies bewe. Maar kry julle in werklikheid enigiets beduidends gedoen? Wees proaktief wat geldsake betref.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Indien jy die aanleer van iets nuuts met luister na die stemmetjie in jou binneste kombineer, sal jy werklik doele skop. Jy moet egter dinge met 'n kind of vriend uitpraat indien jy oor hom/haar bekommerd is.
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Die gelukkige Venus bevoordeel opleiding, reis en die vorming van sosiale netwerke terwyl jy kontak maak met vriende in verre lande. Wie weet waarheen jou internasionale kontakte uiteindelik sal lei?
SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Bewese metodes sal nie vandag goed werk nie, Skerpioen. Jy sal 'n hardnekkige langtermynprobleem uit 'n totale vars oogpunt moet beskou Dan sal jy uiteindelik die raaisel oplos en sukses proe.
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Jy moet vandag ontsnap aan bekommernisse oor die werk. Jy's in die luim vir vars ondervindings en uitlokkende gesprekke, terwyl jy met 'n stimulerende groep familielede en intieme vriende gesels.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Wat kommunikasie met jou geliefdes betref, moet jy nie alte krities wees nie. En maak seker dat jy heeltemal op die hoogte is wat die jongste nuus en veranderende omstandighede betref.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Avontuurlike Waterdraers - julle sal gek raak indien julle heeldag in die huis opgesluit sit! Die planete aktiveer jul rustelose sy. Dit is dus tyd om te reis, aan sport deel te neem of na die buitelug te ontsnap.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Jou mantra vir inspirasie vir vandag kom van Michael Phelps, die beroemde Olimpiese swemkampioen: "Jy kan 'n beperking op enigiets plaas. Hoe meer jy droom, hoe verder sal jy kom."
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















