Sterre

Jou sterre vir Vrydag, 14 Junie 2019

JOU DAG

Saturnus belemmer vandag motivering en vordering.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het waaghalsige en ambisieuse planne vir die toekoms. Maak seker dat jy 'n spesiale geliefde saamneem.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Selfvergrype en impulsiewe aankope is tans gevaarlik aangesien die haastige Mars jou besteding stimuleer. Saturnus moedig jou aan om 'n langtermynuitkyk te kry en dinge te deurdink voor jy koop.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

As jy probleme met geliefdes ervaar, sal dit nie opgelos word as jy in jou dop opkrul nie. Die sterre moedig jou aan om deernisvol en moedig te wees. Geen systappery nie, Krewe.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Is jy hardkoppig oor 'n persoonlike kwessie of 'n professionele aangeleentheid? Die sterre moedig jou aan om meer buigsaam te wees, terwyl jy jou bes doen om probleme op 'n kalm en samewerkende manier op te los.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Hoe geduldiger jy met ander werk, hoe produktiewer en positiewer sal die dag wees. Saamwerk aan 'n uitdagende langtermynplan sal op die ou end ryk belonings bring.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Wat 'n professionele projek of 'n gesinskwessie betref, moet jy spoed verminder en jou tyd neem, Weegskaal. Deeglike navorsing en die nodige ywer is die geheime tot langtermynsukses.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Jy het 'n paar inspirerende idees oor jou toekomsrigting. Maar om oor iets te dink is nie heeltemal dieselfde as om dit werklik te doen nie. Hoe minder geduld jy beoefen, hoe meer frustrerend sal die dag raak.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Moenie haastig wees wat 'n saketransaksie betref nie! Maak seker dat jy al die nodige huiswerk en navorsing gedoen het. Saturnus herhinner jou om 'n belangrike finansiële kwessie na te gaan.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Jou tydsberekening sal vandag uit wees. Jy is lus om voorwaarts te beweeg, maar kom struikelblokke uit alle rigtings teë. Saturnus moedig jou aan om spoed te verminder, jou planne te herevalueer en jou volgende skuif geduldig te beplan.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Jy is vandag gretig om 'n kitsbesluit te neem, veral wat 'n werk- of gesondheidskwessie betref. Maar is dit so 'n goeie idee? Dit is slimmer om daaroor te slaap en so 'n vars perspektief te kry.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Voel jy gefrustreerd oor die toekoms? Voel dit asof jou doelwitte en drome permanent onderdruk word? Moenie stres nie, Visse. Jy moet prioriteite stel, beplan en veral geduldig wees.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

As jy probeer om ander van jou spesifieke standpunt te oortuig - en dit op 'n baasspelerige manier doen - gaan jy jou in weerstand uit alle oorde vasloop. Kreatiewe toegewings is die slim manier om te werk te gaan.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Kreatiewe idees, geïnspireerde leerwerk en deernisvolle kommunikasie sal jou vandag ver bring, Bul. Jy moet net geduldig bly, elke punt afmerk en elke nodig stap langs die pad neem.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM