JOU DAG
Daar is plofbare energie in die rondte, so trap versigtig.
AS JY VANDAG VERJAAR
Met jou geboorte op die sterretekens se Dag van Hoogspanning, is dit moeilik om jou te ignoreer. As jy nou moet rebels wees, maak seker jy is 'n rebel met 'n verdienstelike saak.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Katte voel impulsief! Om haastige besluite te neem, klink dalk na 'n goeie idee, maar dit kan lei tot onverwagte gevolge. Impulsiewe optredes kan ook lei tot 'n argument of ongeluk, so markeer jou pas.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Skep bietjie tyd in jou besige program om alleen te wees vir 'n bietjie rus en ontspanning. As jy aan die rondhardloop in hoogste versnelling bly, sal jy waarskynlik ondeurdagte opmerkings en nalatige foute maak.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Jou vernuftige Weegskaal-onderhandelingsvaardighede word vandag benodig, aangesien geliefdes hulle oorgee aan familievetes of intieme vriende vasgevang word in onbenullige geskille. 'n Tikkie diplomasie sal jou egter deurhelp!
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Foutsoekery by ander mense sal jou vandag glad nie help om enige vriende of guns te wen nie. Kollegas en geliefdes voel veral liggeraak, so moenie kritiek lewer nie, dit maak nie saak hoe ‘opbouend' dit is nie.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Verwag vandag 'n bedrywige dag waar jy oral moet rondhardloop. Maar bereik jy werklik enigiets? As jy jou aanpas - en prioritiseer - kan jy heelwat meer bereik.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Jy moenie vandag in argumente of misverstande oor geld betrokke raak nie. Stel ook kreatiewe projekte uit tot 'n ander dag, aangesien dit moeilik sal wees om met jou innerlike self kontak te maak.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Daar is impulsiewe en wisselvallige energie in die rondte, aangesien die planete jou emosies omkrap. As jy nie jou spoed verlaag nie, kan jy dalk dinge uitblaker waaroor jy later spyt kan wees. Markeer dus jou pas, Waterdraer.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Skuif vandag jou eie kwessies op die agtergrond, Vis. Dit verrig wondere om ander mense eerste te stel, terwyl jy inskakel by die behoeftes van familie en vriende. Maar jy kan 'n paar vurige woorde op jou pad verwag.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Impulsiewe woorde of skielike handelings kan jou vandag in 'n klomp moeilikheid laat beland, veral wat geld of vriende betref. Ontspan dus en koel af, Ramme, voordat julle oorkook!
BUL, 21 APR.-21 MEI
Jy dink dalk dat jy weet hoe 'n gesinslid voel, maar om vinnige gevolgtrekkings te maak - sonder om eers die feite na te gaan - is vandag 'n resep vir 'n ramp, Bul. Gebruik jou tyd om dinge deeglik uit te praat.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
'n Verhouding met 'n familielid of buurman kan weer opvlam, aangesien verantwoordelikhede pret oordonder. As jy die kommunikasiekanale oophou, sal die lawaai oor niks gou oorwaai.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
'n Geliefde kan dalk probeer om jou emosionele knoppies vandag te druk, maar moenie terugkap met harde woorde of kommentaar wat kan seermaak nie. Jy het nie beheer dit wat ander mense kwytraak nie, maar jy kan jou eie reaksies beheer!
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















