Sterre

Jou sterre vir Vrydag, 20 September 2019

JOU DAG

Verwag vandag kreatiwiteit en verwarring in ewe groot hoeveelhede.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is 'n baie georganiseerde en oplettende mens. Moenie skrik as jy struikel en 'n fout maak nie. Dit is die beste manier om te leer.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is in die bui om te praat, maar luister enigiemand? Ruim tyd in om dinge te doen waarvoor jy lief is. Maar haastige kommunikasie kan lei tot misverstande - persoonlik of aanlyn - wees dus versigtig.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Hou vandag jou kop reg aangeskroef, Bul, en moenie toelaat dat familie en vriende jou emosionele knoppies druk nie. Kanaliseer jou energie na uitdagende take en genotvolle werkprojekte.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die Maan is in die Tweeling, so benut jou dag ten volle. Jou motto kom van die beroemde flieklegende, Sophia Loren, wat ook vandag verjaar het. "Geniet die lewe. Daar is so baie positiewe dinge om oor te peins."

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy sal vandag baie sentimenteel voel, terwyl aangename herinneringe uit die verlede weer wakker gemaak word. Jy is ook gretig om die lewe se klein luukshede te geniet, maar moenie onrealisties raak en jou begroting uitroei nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy het heelwat energie om na 'n belowende groepsaktiwiteit te kanaliseer. Maar daar kan 'n deurmekaarspul ontstaan oor wie wat moet doen. Strewe dus daarna om minder besitlik en meer vrygewig te wees.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Kommunikasie met ander mense kan verwarrend wees, so probeer om dinge in perspektief te hou, aangesien dit net 'n verbygaande fase is. 'n Belowende projek sal jou help ontsnap na jou eie, privaat wêreld.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die Maan aktiveer jou internasionale en portuurgroepsones, so maak seker dat jy die oorsese vriende wat jy het, geniet. Trap egter versigtig met 'n gesinslid wat ietwat omgekrap voel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Kreatiwiteit is vandag volop, terwyl jy verlore raak in 'n heerlike dagdroom. Maar jy kan ook maklik dit wat 'n kind, tiener of intieme vriend jou vertel, verkeerd verstaan. As jy twyfel, moenie huiwer om dubbel seker te maak nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Tans kry jy gemoedsrus uit die aanvaarding van jou en geliefdes se sterk en swak punte. As jy te erg oordeel, gaan dit net wrywing met ander mense veroorsaak.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Neptunus krap tans kommunikasie om. So deurdink dinge; pasop wat jy sê; moenie belangrike besluite neem nie; en gebruik jou tyd om alle afsprake twee keer na te gaan.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Dit is tyd om jou te vergryp aan kreatiewe pogings, asook om 'n wenslysie van jou doelwitte vir die toekoms op te stel. Jy sal vandag die behoefte hê om iets van jou hart af te kry. Kies egter jou vertrouelinge versigtig.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie toelaat dat verwarring en komplikasies jou daarvan weerhou om dinge te doen en selfs foute te maak nie. Soos die beroemde Sophia Loren, wat ook vandag verjaar het, ons herinner "Foute is deel van die prys wat ons vir 'n vol lewe betaal."

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM