Sterre

Jou sterre vir Vrydag, 21 Junie 2019

JOU DAG

Die prettige Waterdraer-maan begunstig vriendskappe en groepaktiwiteite.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is 'n sensuele siel, maar moenie diktatoriaal teenoor ander wees nie. Moenie bang wees om aan ander jou vriendelike en liefdevolle sy te wys nie.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Sake- en finansiële transaksies word bevoordeel, solank jy jou huiswerk gedoen en die fyn skrif gelees het. Weerstaan die drang om vae of onbevestigde inligting oor te dra.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Nuwe ervarings en geleenthede gaan op die werkfront oop; hou jou opsies oop. Hoe meer jy met kollegas, kliënte of klante saamwerk, des te beter sal die resultate wees.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Kyk op 'n realistiese manier na jou aspirasies. Doen jy wat jy veronderstel is om te doen? Is jy op die regte pad? Indien nie, is dit dalk tyd vir 'n paar positiewe, praktiese veranderings.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Verwag 'n paar veranderings aan die ritme van jou gewone dagroetine. Die Waterdraer-maan moedig jou aan om meer te eksperimenteer en jou minder te bekommer. 'n Buigsame benadering sal tot meer pret en produktiwiteit lei.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Wat 'n probleem met 'n gesinslid betref, is daar geen kitsoplossings nie. Dis 'n geval van een tree vorentoe en twee terug. As jy geduldig is, sal jy eindelik vordering maak.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Dit is nou tyd om op jou aspirasies vir die toekoms te fokus. Jou motto vir vandag kom van prins William, wat vandag verjaar: "Die lewe handel oor die skep van jou eie toekoms en jou eie lot."

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Moenie terugsit en wag vir gelukkies om na jou kant toe te kom nie. Met Jupiter, die voorspoedplaneet, in jou teken, moet jy jou oë en ore vir geleenthede oophou. Dan slaan jy toe as die tyd reg is.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Verbonde Steenbokke, wees proaktief om gesprekke met jou maat aan die vloei te hou. Enkellopendes, soek liefde by iemand wat vriendelik, slim en deernisvol is.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Die Waterdraer-maan beklemtoon jou menslike sy. Jou motto kom ook van prins William, wat vandag 37 jaar oud word: "My hoofbeginsels in die lewe is om eerlik, opreg en bedagsaam te wees en om te gee."

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Jy is honger vir nuus en die heel jongste inligting. Bel 'n vriend vir 'n lekker, lang gesprek. Moenie ligsinnig wees nie; hulle het dalk 'n paar ernstige kwessies om te bespreek.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Ramme voel rusteloos; dus is dit nie 'n goeie dag om binnenshuis opgesluit te wees nie aangesien jy gretig is vir avontuur. Maar as jy laat slap lê wat 'n werkprojek betref, sal dit later tot ernstige gevolge lei.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Kreatiwiteit en harde werk is 'n klassieke kombinasie, terwyl jy met 'n opwindende projek vorentoe beur. Moenie alleen baklei nie. Langtermynsukses hang van ander se bydraes af.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM