Sterre

Jou sterre vir Vrydag, 21 September 2018

JOU DAG

Kreatiwiteit en kommunikasie word vandag beklemtoon.

AS JY VANDAG VERJAAR

Moenie so baie tyd aan beroepsake of jou openbare lewe wy dat jy jou familie en vriende afskeep nie. Oor die komende jaar moet jy meer buigsaam raak en probeer om die balans te herstel.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die son en Mercurius verbind in jou werk- en welsynsone. Die dag is vrugbaar vir oefening en om iets nuuts oor gesondheid en fiksheid te leer. Moenie belangrike besonderhede miskyk nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dit is, onder die invloed van die son en Mercurius, 'n goeie dag vir sport, om jou gunstelingstokperdjie te beoefen of om op 'n avontuur te gaan. Jy kan 'n paar lewendige kaperjolle langs die pad verwag.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Moenie vandag kwessies vermy nie. Werp 'n helder lig op kommunikasieprobleme en los dit op. Hoe liefdevoller en vrygewiger jy teenoor geliefdes is, hoe beter sal die dag raak.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jou profiel in die sosiale media kan floreer aangesien die son en Mercurius in jou kommunikasiesone verbind. Maak net seker jy gaan al die feite en kommentaar twee keer na voor jy dit stuur.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy is vandag is 'n nuuskierige bui, veral wat 'n persoonlike projek of finansiële saak betref. Probeer om te ontspan en dinge van alle kante te beskou, en weerstaan die drang om te kritiseer.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die son en Mercurius verbind in jou teken. Moenie obsessief raak oor nietige besonderhede wat nie regtig saak maak nie. Kyk na die groter prentjie terwyl jy iemand 'n vaardigheid leer of self iets nuuts leer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Dit is die volmaakte dag om 'n bietjie gewone ontspanning iewers in jou besige roetine in te werk sodat jy plek het om te herstel en krag op te bou. Probeer jou bes om jou sosiale lewe met alleentyd te balanseer.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jou portuurgroep is bestem om uit te brei noudat jy betrokke raak by 'n klas, groep, klub of plaaslike organisasie wat eendersdenkende mense insluit. Wees geduldig; dit sal tyd neem om te ontwikkel.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die son en Mercurius verbind in jou beroepsone. Jy is gretig om jou idees deur gesprekke, skryf of teksboodskappe uit te druk. As jy ondeurdag te werk gaan, kan jy 'n morsige fout begaan.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie in 'n groef vasgevang word nie. Met die son en Mercurius wat in jou reis- en avontuursone verbind, wink veraf plekke in die toekoms. Begin nou al spaar en jou reisplanne maak.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Dit is tyd om jou professionele ambisies te hersien. Invloedryke mense is bereid om na jou idees te luister. Maak seker jy gaan al die feite na voor jy jou kaarte op die tafel plaas.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Verbeter verhoudings deur duidelik te kommunikeer en ander mense tot diens te wees. Minder praat en meer luister word aanbeveel. Dan sal vennootskappe in 'n positiewe nuwe rigting begin beweeg.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM