Sterre

Jou sterre vir Vrydag, 22 Junie 2018

JOU DAG

Die sterre wakker vandag innerlike rusteloosheid aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is romanties en het die mag om ander te inspireer. Bring in die komende jaar meer tyd saam met jou beste vriende deur.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Wanneer jy met vriende kommunikeer, veral in 'n groepsituasie, moet jy seker maak jy kaap nie al die aandag nie. Toegewings en raadpleging sal jou gou verder neem.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Met Uranus in jou teken kom jou huidige motto van die vermaakster Bette Midler: "Dinge verander gedurig. Die lewe is niks anders as verandering nie." Slim Bulle sal daarby aanpas.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Streef daarna om ander te help. Moenie vinnige afleidings maak nie. Neem jou tyd om jou gedagtes en gevoelens duidelik, omvattend en beleefd te verduidelik, anders gaan daar probleme wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die planete moedig jou aan om proaktief en deernisvol te wees in jou vennootskappe. Jy streef na meer diepte en stabiliteit waar jy met ander mense te doen het.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Met die maan en Jupiter in jou tuistesone is die gesinslewe jou hoofprioriteit. Soos die aktrise Meryl Streep al verklaar het: "My gesin kom eerste. Dit was nog altyd so en sal altyd so bly."

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die fokus is op deernis. Jou mantra op die oomblik kom van Meryl Streep: "Die groot gawe wat die mens ontvang het, is dat ons die mag van empatie het."

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Hoe meer jy ander aanmoedig en steun, hoe beter sal jy oor jouself en jou werk voel. Moenie dinge uitblaker nie. Streef daarna om jou idees duidelik en versigtig oor te dra.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Vandag kan 'n paar vurige woorde tussen jou en 'n geliefde val, maar moenie bekommerd wees nie. Julle het albei ruimte nodig om deur jul gevoelens te werk. Daarna sal dinge weer op dreef kom.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die sterre verlig jou kreatiewe en deernisvolle sy. Dit is 'n goeie dag om met jou innerlike self kontak te maak of iemand te help wat in nood verkeer. Moenie onverantwoordelik wees met geld en krediet nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Kommunikasie en die gebruik van jou verbeelding lyk vandag gunstig en jy kom met 'n paar kreatiewe idees vorendag. As ander mense jou nie verstaan nie, moet jy jou tyd gebruik om dinge te verduidelik.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die fokus val op verhoudings. Jy koester geliefdes en bied steun aan gesinslede. As jy dinge nie behoorlik verduidelik nie, kan jy 'n groot deurmekaarspul verwag.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Kunstige inspirasie is volop. Moenie waardevolle tyd mors deur ure om te dagdroom nie. Streef daarna om kreatief te wees, terwyl jy abstrakte idees in 'n tasbare vorm omskep.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM